Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Henk Viljoen
Издательство: Ingram
Серия: Piekfyn Afrikaans
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9781770029392
Скачать книгу
e-klank: vet, mes, tjekLang ee-klank: keer, neer, weetgierigKort o-klank: bos, kos, hardkoppigLang oo-klank: boom, bome, grootliksKort u-klank: brul, vrugte, kultuurLang uu-klank: muur, mure, natuurDie i-klank: vis, bedel, boekeDie ie-klank: drie, familie, piekniekDie oe-klank: boeke, skoen, goedDie eu-klank: deur, steun, reusagtigDiftonge (tweeklanke)Moenie lang klinkers met tweeklanke verwar nie. Wanneer ons “daar” uitspreek, is dit twee letters, maar een klank. Maar spreek die woord “slaai” uit en dis duidelik dat die vokaalklank aan die einde ’n draai vat! Daar is ’n samesmelting van twee vokaalklanke om ’n tweeklank/diftong te vorm. Ons hoor nie twee vokaalklanke nie, maar ’n samesmelting van twee klanke in dieselfde lettergreep.ou – goud, koud, vroulikui – huis, muis, luisterei/y – brei, leier, prys, myneai – baieaai – draai, haai, kraaieeu – leeu, sneeu, eeuooi – mooi, gooi, rooioei – bloei, groei, koeioi – toiingsKonsonante (medeklinkers)By konsonante word met uitspraak die asemstroom heeltemal of gedeeltelik afgesluit. Hulle is: b, c, d, f, g, h, j, k, l, m, n, p, q, r, s, t, v, w, x, z en gh in ghoen; ch in China; ng in wang; sj in sjoe!; tj in tjek en ts in tsetse-vlieg.

      Pitkos

      Wenke vir hardoplees

       •Spreek die woorde korrek uit.

       •Lees vloeiend en gevoelvol.

       •Lees hoorbaar.

       •Vertolk die teks reg – let op na die beklemtoning van woorde, intonasie, tempo, frasering en sinsritme.

       •Maak oogkontak met die gehoor.

       •Gebruik gepaste gesigspel.

       •Maak gebruik van frasering, met ander woorde, skep pouses op die regte plekke.

Formele assessering: Jou onderwyser kan jou hardoplees formeel assesseer.

      Skryf ’n uitnodigingsbrief

      Pitkos

      Onthou die volgende aspekte wanneer jy ’n formele brief skryf:

       •Die formaat van die brief (kyk weer na die formaat van die brief van waardering)

       •Die doel en teikengroep

       •Akkurate taalstrukture en woordkeuses

       •Formele trant en styl/register

       •Korrekte leestekens

       •Gepaste lengte

      ’n Formele uitnodigingsbrief

       •Jy nooi iemand na ’n funksie of geleentheid; gee die rede vir die uitnodiging.

       •Verskaf alle belangrike inligting oor die geleentheid – waar, wanneer, hoe laat, kleredragvereistes, RSVP.

       •Skryf saaklik en op die man af.

       •Aanspreekvorm is u, nie jy/jou nie.

       •Skryf ’n goeie inleidende paragraaf – sê kortliks wat die doel van die brief is.

       •Slotparagraaf – kort, een of twee sinne.

      Gebruik die volgende raamwerk vir ’n uitnodigingsbrief aan jou gunstelingorkes/-sanger waarin jy hom/haar/hulle uitnooi om by die skool te kom optree. Volg die stappe van prosesskryf. Lengte

       160 tot 180 woorde.

9118.jpg

      Gebruik die volgende kontrolelys voordat jy jou brief vir finale assessering inhandig.

KriteriaJaNee
Jou adres is aan die bokant, regs geskryf.
Die datum is volledig uitgeskryf.
Die straatadres is korrek geskryf.
Die titel van die geadresseerde is in blokformaat teen die linkerkant geskryf.
Geen punktuasie word by die adresse gebruik nie.
Gebruik “meneer” as aanspreekvorm indien jy onseker is oor die persoon aan wie jy die brief rig.
Die opskrif volg ná die aanspreekvorm en word onderstreep of in hoofletters geskryf.
Die opskrif som kortliks die inhoud van jou brief op.
Die inleidende paragraaf brei op die opskrif uit.
Elke paragraaf brei uit op ’n ander aspek van die opskrif.
’n Reël word na elke paragraaf oopgelaat.
Jy het die brief ná “Die uwe” onderteken.
Jou naam is uitgeskryf, onder jou handtekening.

Formele assessering: Jou onderwyser kan jou brief formeel assesseer.
Aktiwiteit 7: Kyk na spotprente en advertensies met begrip
In hierdie aktiwiteit gaan jy
•Lees en kyk•Taalstrukture en -konvensies•die kenmerke van ’n spotprent leer en dit reg interpreteer•begripsvrae beantwoord oor ’n spotprent en advertensies•idiome leer•taalvrae beantwoord.

      Kyk na spotprente

      Versamel spotprente in koerante en tydskrifte. Bespreek die volgende vrae met ’n maat:

       •Waaroor gaan die spotprente?

       •Is dit werklike karakters of gebeure wat in die spotprente voorgestel word?

       •Hoekom dink julle het die kunstenaar ’n spotprent van die persoon/persone/gebeure geteken?

       •Hoe voel julle oor die spotprent? Slaag die spotprent in sy doel?

      Lees nou In ’n neutedop aandagtig deur.

In ’n neutedop
Wat is ’n spotprent?
•’n Spotprent is ’n humoristiese voorstelling van ’n situasie.•Spotprente verskaf vermaak, maar dit is ook ’n manier om satiriese boodskappe oor te dra.•Politieke of situasiegerigte spotprente moet binne die konteks van hul agtergrond gesien word.•’n Spotprent kan slegs ’n tekening wees, of spraakborrels kan gebruik word, of dit kan onderskrifte hê.
Hoe bestudeer ek ’n spotprent?
Karakters
•Is hulle karakters in eie reg of verteenwoordig hulle stereotipes?•Kan ek iets uit ’n karakter se gesigsuitdrukking of liggaamshouding aflei?
Agtergrond/omgewing
•Waar speel die situasie af?•Is die karakters op feite of fiksie gebaseer?
Taalgebruik
•Word gebruikstaal, sleng of Standaardafrikaans gebruik?•Hoe beïnvloed leestekengebruik die atmosfeer of stemming?
Doel
•Is die doel om op te voed, in te lig, te vermaak of te spot?•Het die spotprenttekenaar in sy/haar doel geslaag?•Dra die spotprent ’n boodskap oor?

      Kyk aandagtig na die spotprent en beantwoord die vrae.

1.Kan jy aflei waaroor die spotprent gaan?
2.Wat dink jy is die doel van die spotprent?
3.Na watter gebeurtenis, dink jy, verwys die spotprent?
4.Wat kan jy aflei uit die gesigsuitdrukking van die karikatuur (aardbolmannetjie)?
5.Waaruit kan jy aflei dat die effek van die blaasinstrument ’n geweldige uitwerking het?
Noem al die dinge wat jy kan waarneem.
6.Hoe voel jy oor die spotprent? Hou jy daarvan? Hoekom?/Hoekom nie?

      Selfstandige naamwoorde

      In hierdie aktiwiteit leer jy meer van selfstandige