Sewende somer. Helen de Kock. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Helen de Kock
Издательство: Ingram
Серия: Helene de Kock-omnibus
Жанр произведения: Короткие любовные романы
Год издания: 0
isbn: 9780798165556
Скачать книгу
het van ’n luik gepraat. Maar daar is tog niks. Niks wat mens met ’n oogopslag kan raak sien nie. Op die ingewing klim sy op Loekie se rooi studeertafeltjie. En toe merk sy dit. ’n Fyn groefie wat al langs een van die blou strepe loop en dan dwars­oor die patroon en weer terug met ’n rooi streep langs. En daar is baie klein skarniertjies wat toegeverf is. Die binneversier­ders moet dit per abuis toegeplak het en het toe maar die skarniere van die luik geverf. Dit moet in elk geval reeds geroes gewees het. Miskien, dink sy skielik, kan dit tog nog oopgemaak word. As daar dan niks op die solder is nie, kan ’n stewige leer hier geplaas en die solder as speelplek vir Loekie ingerig word. Dit behoort ook sy klouterlus tevrede te stel.

      Meteens opgeruimd by die vooruitsig, klim Esther af en gaan stort in die koel groen badkamer wat uit haar slaapkamer loop. Sy trek haar sommer uit die staanspoor reg aan vir vanmiddag se funksie. Tant Olga het daarop aangedring om vir haar dié uitrus­ting te koop. ’n Songeel rok en baadjie met treffende stroke grasgroen en donkerblou om die some. Daarby dra sy die parmantigste groen skoene wat sy nóg gesien het. En pêrels …

      “Dis … ’n te groot geskenk, tante,” het sy vervaard geprotesteer.

      “Louter twak,” het tant Olga laat hoor. “Jy verdien dit, my kind. ’n Vrou soos jy behoort altyd só mooi te lyk én so lekker te hê, glo my.”

      “Haai, tante …” het Esther verbaas laat hoor, maar haar tante met ’n klapsoen bedank vir die geskenk en die woorde. Maar tant Olga was nie klaar nie.

      “Luister na my, Esther,” het sy eensklaps baie ernstig gesê. “Ek wil hê jy moet gelukkig wees hier by my in hierdie huis. Die liewe Vader weet dat jy genoeg gely het …”

      Esther het muisstil bly staan met die nuwe geel rok aan, en haar vingers wat die pêrels om haar nek wou vasmaak, het gebeef. Sy wóú nie praat nie.

      Dit was of die ouer vrou se stem breek toe sy sê: “Ek weet wat dit is om alleen deur die lewe te gaan, my kind. En ek gun dit nie vir jou nie. Ander kan dit met gemak doen, maar nie mense soos ek en jy nie. Ons wil meer hê. En nou is Johannes ook dood. Sê my, verlang jy nie vreeslik baie na ’n man en nog kinders nie? Ek meen, dis darem so ’n koestering om jou eie mense rondom jou te hê.”

      Esther het na haar tante toe gedraai, en haar gesig was tot ’n fyn gelatenheid geskool.

      “Krummels is ook brood, tante. Ek hét mos vir Loekie en vir jou. En ek het julle al twee baie lief.”

      Die twee vroue het mekaar omhels daar in die boetiek tussen die baie rokke waar Esther vir haar só iets moois kon uitkies, en ook ou Lina het breed geglimlag oor die vredige blydskap wat op daardie oomblik in die deftige winkeltjie geheers het. Maar ontboeseminge was net so vreemd aan tant Olga as aan Esther, en sy het haar gou reggeruk.

      “Kyk,” het sy op haar reguit manier gesê, “ons sal jou klerekas moet regkry as jy hier in die boetiek wil help.”

      “Maar ek dag dan ek gaan die boekhouding waarneem?”

      “O, dit ook. Maar jy gaan nooit weer soos in Johannesburg jou dae agter ’n lessenaar omsit nie. Die vervelige deel van jou lewe is ook verby, Esther. Ek en jy gaan ’n op en wakker tyd hê. Hier­die boetiek gaan nog naam maak, jy sal sien. Maar nou móét jy jou ou klere wegmaak en ons moet vir jou ’n heel nuwe beeld skep. Jy moet klere en kleure dra wat jou nog mooier laat lyk as wat jy is, as dit natuurlik moontlik is.”

      Esther het verleë gelag, maar die idee was geheel en al aanloklik. Om al haar ou goedjies net so uit te gooi … Watter vrou droom nie daarvan nie? Daar was net een haakplek.

      “Ek wil dit nie verniet hê nie, Tante, en ek kan dit nie nou bekostig nie. Ek sal die nuwe goed so stuk-stuk bykoop.”

      “O nee, ek praat van ’n kitskentering, jong. Buitendien, ek wil dit graag vir jou doen, glo my. Kom ons speel maar jy is die dogter wat ek nooit gehad het nie, en dan vat jy maar die ou goedjies en jy mag maar krities óók wees!”

      Esther moes lag. Tant Olga kon by tye onhanteerbaar wees, dit het sy tog geweet. En teëgaan sou nie help nie. Maar sy wat Esther is, het ook darem ’n klipkop, en sy het haar stilletjies voorgeneem om tog maar self vir ’n klomp goed te betaal, en ’n laaste woord het sy ook ingekry.

      “Nou maar goed dan, Tante. Maar dan gaan ek definitief vir Tante help om hierdie kasarm van ’n plek af te betaal. Ons kan nie maar net so verniet hier bly nie.”

      ’n Skokpienk syrok het uit tant Olga se hande gegly, en sy het orent gekom uit die stoel waar sy gesit het. Esther het opgemerk dat sy effens wit om haar mond was.

      “Die plek is kláár afbetaal, Esther. Hoor jy my? En ek wil nooit, ooit weer hoor dat jy voel dat jy my iets verskuldig is nie. Ek sou jou en Loekie nie genooi het om onder my dak te kom lewe as ek iets van julle in ruil wou hê nie.” Maar net so skielik het sy haar krasse woorde met ’n handgebaar weggewaai en laggend gesê: “Wees net lief vir my en kom pas solank dié pienk rok aan, toe wat!”

      Esther het voorlopig stilgebly. Dié ronde was tant Olga s’n. Maar haar onafhanklike aard was effens in opstand. Op die een of ander manier sou sy nog al haar skuld aan haar tante afbetaal, het sy haar verbete voorgeneem. Maar in die gespook om die boetiek reg te kry, het die besluit vervaag. Dis net nou dat sy na haarself in die songeel baadjie en rok kyk, sien hoe haar hare kunstig ge­kap om haar kop blink en die pêrels ’n ekstra glans aan haar vel gee, dat sy weer skuldig voel. Maar hoe koel en krities sy ook al kyk, sy moet erken – Esther Kolbe lyk vandag so mooi soos enige voorbladmodel. Sy het nog altyd intuïtief geweet hoe om haar te grimeer, maar nou het die vere wat die voël maak, ook hierdie mossie met die juweelkleure van ’n jangroentjie beklee. Net voordat sy wegdraai van haar spieëlbeeld, duik die verraderlike ge­dagte in haar op – vir wié maak jy jou so mooi? Hoe lank gaan jy tevrede wees om net vir jouself mooi te lyk? In Johannesburg het dit nie juis saak gemaak nie. Maar hier in die Dijzel-huis maak dit baie saak … Esther draai blindweg om en vlug die kamer uit. Sy gaan drink ’n haastige koppie tee in die kombuis en oortuig ’n tongklikkende Lina dat sy regtig niks wil eet nie. Dis buitendien al byna nege-uur. Sy het skandelik laat gelê. Maar tant Olga be­groet haar laggend in die boetiek.

      “Ek is bly jy het so lekker gerus! Dis ’n bewys dat jy die lewe hier begin geniet. Om te kan geniet is belangrik, hoor!”

      “Dit kan ook dekadent wees,” maan Esther preuts, maar lag breed toe haar tante ’n gesig vir haar trek. Hulle albei is tog effens op hul senuwees. Sal almal wat uitnodigings ontvang het ooit opdaag vir die opening? Sal die mannekyne betyds wees? Dat ’n duisend kwellings haar tante beethet, is vir Esther baie duidelik. Sy vat hier en los daar, en toe die spyseniers eers gekom het, be­gin sy bedaar. Teen eenuur is alles gereed en staan die grasperk vol heldergeel sambrele en ronde tafeltjies met glasbakke vol wit margrietjies weerskante van die loopplank waarop die mannekyne gaan paradeer. Selfs Loekie is tjoepstil van verwondering en lyk alte patronerig in sy blou-en-wit matroospakkie. Ook tant Olga is ’n jonger weergawe van die Koninginmoeder in ’n pastelblou rok en hoed wat haar ronde postuur baie vlei. Lank voor die vasge­stelde tyd is die sonnige tuin van die Dijzel-huis gepak met gaste. Almal is daar. Almal wat enigsins in klere belangstel en ook dié wat min daarvan dink, want hierdie is nie net nog ’n boetiek nie. Esther beweeg tussen die mense deur en lees hulle reg. In hierdie huis, hoor sy hulle dink én sê, is ’n moord gepleeg wat nog nie opgelos is nie. Daardie ondenkbare Dijzel-moord. Juis in die ver­trek waar mense nou hul nuwe klere gaan aanpas. Makaber, maar in die kol, nè. Net Olga Hanekom sou aan só iets oorspronkliks dink. Hm … En dis haar niggie daardie. Die een in geel. Die meisie wat destyds met Johannes Kolbe, die Afrikaansonderwyser getroud is, ja … Hy’s mos so skielik dood aan sy hart. Maar dis nie die volle storie nie. Dieselfde niggietjie het ’n warm verhou­ding met die jong Zach Dijzel gehad …

      Maar sy loop ook ou vriendinne raak wat opreg bly is om haar weer te sien en haar laggend verwyt dat sy hulle nog nie weer kom opsoek het nie. Sy beloof hart en mond om te gaan kuier, mits sy darem húlle gesigte ook af en toe in die Hoogland Boetiek sal sien!

      Maar tant Olga wink vir haar om solank ’n CD te speel, en dis toe die polsende ritme van die byderwetse deuntjie deur die tuin trek en die eerste