101 Bakgat maniere. R.R. Ryger. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: R.R. Ryger
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780795800696
Скачать книгу
die koevert in my broeksak. Dis vir my snaaks dat ons nog nie een keer ’n bedrag genoem het nie. Dis die hele tyd hierdie vae beloftes en nou hierdie koevert wat ek nie eers oopskeur nie.

      Tog voel ek dit sal onvanpas wees om dit te doen. Om vir Staal byvoorbeeld te sê dat ek soveel of soveel rand per dag benodig. Dis tog geld wat ek nie sou gehad het nie. En waarvoor? Om ’n meisie wat kaal geposeer het in ’n sekstydskrif op te spoor. Hoe moeilik kan dit wees?

      Staal verras my by die voordeur.

      “Sê vir jou skoonpa ek stuur groete wanneer jy hom weer sien.”

      “Ken jy vir Jaap?”

      “Ek en Jaap het aan dieselfde universiteit studeer. Ons het deur die jare kontak gehou. Ek dink nie jy weet dit nie, maar ek was op jou troue.”

      Ek lyk seker verbaas, en vir die eerste keer die aand lag Staal sonder om senuweeagtig te lyk of te klink.

      “My vrou en haar ma het die meeste mense genooi,” verduidelik ek.

      “Dis die geval met die meeste mans,” reken Staal. “Maar ek verstaan jy sien jou skoonouers ook nie juis meer nie?”

      “Nee.”

      Ek is al ’n paar tree weg toe Staal weer praat.

      “Jy weet, Maria was saam met jou vrou se suster op skool.”

      “Ja?”

      “Ja.”

      Ek wag. Dis koud. ’n Koue nag in Junie in Johannesburg.

      Ek wag dat Staal iets sê van Roelien se suster. Of iets van Roelien. Iets soos: “Ek was ook op jou vrou se begrafnis.”

      Maar hy doen dit nie.

      Die pornograaf

      “Ek sit heeldag op al hierdie vibrators en butt-plugs,” gryns­lag George Appelgryn.

      Ek lig my wenkbroue. “Genuine?”

      Hy klap met sy groot hand met die stompievingers op sy lessenaar en verduidelik: “Die stoor is net hier onder. Die stoor waarvandaan ons al die sex toys versend.”

      Ek lag saam met hom. Hy vertel seker vir elke nuwe besoeker dié grappie.

      As ek by die venster uitkyk, sien ek ’n deel van Johannesburg. Die Ponte-gebou. Die polisie het onlangs daar ’n klopjag gehou en glo baie onwettige wapens gevind.

      Teen die mure van Appelgryn se kantoor is daar woeste prente van vroue wat met orale seks besig is.

      “Maar jy’s nie daarby betrokke nie? By die sex toys?”

      “Jaaa,” antwoord Appelgryn, en krap sy neus waarop die blou are soos maer erdwurms lê. “Advertensiegewys. My baas voer die goed in en ek moet dit in die tydskrif adverteer.”

      “Sê my, George, hoe voel dit om die werk te hê wat derduisende mans graag wil doen?” glimlag ek.

      Appelgryn lag selfbewus. “Dis eintlik maar net ’n joernalistieke job. Ek kom maar selde uit die kantoor …”

      “Nogtans …”

      “Jaaa …”

      Ek het ’n Sondagkoerant gebel voor ek Appelgryn gekontak het vir die onderhoud. Uitgevind die koerant sal betaal vir ’n storie oor die afname, indien wel, van verkope van pornografiese tydskrifte in Suid-Afrika.

      Appelgryn wou eers nie saamspeel nie, tot ek hom daarop gewys het dat dit gratis publisiteit sal wees.

      Toe het hy gesê: “Eintlik het my tydskrif se syfers nie soveel geval nie.”

      “Nou ja,” sê ek, “kom ons begin met die vrae.”

      “Wag,” sê Appelgryn en kyk op sy horlosie. “Dis amper twaalfuur. Kom ons stap net hier om die hoek na die Monkey toe en drink ’n bier.”

      Die Monkey Bar is ’n hool. Ek voel sommer dadelik tuis. Dis net die paar apies buite in die hokke wat my pla.

      “Apies hoort in die vrye natuur,” sê ek ernstig.

      “Maar dan word hulle deur sangomas gevang wat moetie van hulle breins maak!” bulder Appelgryn en klap met sy hamme op die tafeltjie asof hy die grap van die jaar vertel het.

      Ook hy het my artikel oor die plaasmoorde gelees, besef ek.

      Ek haal my notaboek uit en begin werk. Appelgryn praat maklik. Veral toe hy van bier na rum en Coke oorslaan.

      Met die onderhoud agter die rug, kan ek uitkom by dit waarvoor ek eintlik hier is. Ek haal die tydskrif wat ek by Josef Staal gekry het uit my leer-skouersak.

      “Aha! Ek sien jy het die jongste uitgawe gekoop!”

      “Nee, ek het dit gesteel.”

      Appelgryn takel weer die tafeltjie met sy hamme terwyl hy uitbundig lag. Dit lyk of hy karate op die blad beoefen.

      “Hey, you porn guys! Keep it down!” waarsku die kroegman. Appelgryn drink duidelik gereeld hier.

      Ek blaai deur die tydskrif en vra elke nou en dan iets.

      Soos: “Wie het dié storie geskryf?” en “Is dit ’n genuine brief dié?” en so aan.

      Dan kom ek by Maria. Alias Candice.

      “Pragtige meisie,” sê ek.

      “ ’n Wilde ding,” reken Appelgryn.

      “Is sy local?”

      “Jup.”

      “Waar kan ek haar kry?”

      “Hoekom soek jy haar?”

      “Dalk kan ek ’n interview met haar doen?”

      “Daar’s beter meisies.”

      “Ek hou van haar looks.”

      “Sy is nie sleg nie.”

      “Kan jy my help?”

      “Kom ons kyk.”

      Appelgryn vat sy selfoon en bel. “Steve? How are you, buddy? Good. Good. The reason I’m phoning … that chick with the funny arm, the funny hand? Where can I get hold of her? Ja. Ja. Okay. Thanks, man, bye.”

      Hy lui af en trek ’n gesig. “Sy’t verdwyn. Ons het nie ’n nommer vir haar nie. Dit was my fotograaf. Hy sê jy kan haar dalk by die Full Stop Cafe in Melville raakloop. Dis waar hy haar die eerste keer ontmoet het. Sy’s ’n stripper, maar ons weet nie waar sy nou dans nie. As ek iets hoor, sal ek jou laat weet.”

      “Is daar fout met haar arm? Ek het gehoor jy sê iets van haar arm.”

      “Sy het nie vingers aan haar een hand nie. Sy het ’n deurknop.”

      Ek maak die tydskrif weer oop en bestudeer die foto’s.

      “Sien jy?” vra Appelgryn. “Haar een hand is nooit in die prentjie nie. Ek het my fotograaf gevra om haar so af te neem. Jy wil nie so ’n handjie op ’n kaalfoto hê nie.”

      Ons groet by die kar. Appelgryn se oë is glasig.

      “Kom ek vertel jou ’n geheimpie,” sê hy ernstig en sit sy rooi geklapte hand op my skouer. “Ek is gelukkig getroud. Ek het nog nooit my vrou verneuk nie. Maar met ’n job soos myne, wie dink jy glo my?”

      Ek maak dat ek wegkom voor hy al laggend op my kar se dak kan begin klap.

      Terug in die verlede

      By ’n rooi verkeerslig word ek omsingel. Een probeer ’n koerant aan my afsmeer, nog een druk ’n sakkie nartjies teen my ruit, ’n ander een swaai pakke swart vullissakke rond, iemand skree: “Hangers!” En daar is ’n jong seun wat moedeloos lyk terwyl hy ’n sakkie koeksisters lig. Ek hou van daardie gedraaide lekkernye, maar ek gaan beslis nie my venster oopmaak en van dit koop