Kavod Adonai. Marzanne Leroux-Van der Boon. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Marzanne Leroux-Van der Boon
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796316240
Скачать книгу
knik effens. “Maar jy gaan milu’im toe en dis soos oorlog en oorlog kan doodmaak. En Imma is ook al ’n keer in die ambulans amper doodgemaak.”

      Marc sluk. “Ek weet, skat, maar HaShem besluit oor lewe en dood, en dan sorg Hy vir jou. Dis iets anders as wanneer jy op jou eie besluit om weg te gaan van iemand af. Verstaan jy?”

      Die kind knik langsaam.

      “Yhoshi, Imma se werk is gevaarlik en oorlog is ook gevaarlik. Dit ís so. Ons land is gevaarlik.” Marc probeer magteloos om die regte woorde te vind. Om eerlik met die kind te wees maar hom nie verder angstig te maak nie.

      “Hoekom wil die Palestyne Yerushalayim hê?”

      “Yerushalayim is die stad wat HaShem sê syne is. Ons is die volk wat Hy sê Hy bo alle ander volke uitverkies het. Dis baie, baie moeilik vir mense wat nie Jode is nie om dit te verstaan, Yhoshi. Die Palestyne glo dis hul stad wat ons afgevat het.”

      “Hoekom het HaShem óns uitverkies? Is ons dan beter as al die ander mense?”

      “Nee, ons is nie beter as ander mense nie. Maar Adonai, baruch Hu, aan Wie die hele aarde en al die mense daarop behoort, het ons sý volk gemaak. Hy het ons die Tora gegee sodat ons ’n lig kan wees vir die nasies wat Hom nie ken nie. Moshe Rabeinu het vir b’nei Yisra’el die Halachah van HaShem gebring om te sê Hy het Israel gekies omdat Hy hulle liefhet, dat hulle sy am segulah is en omdat Hy die b’rit wat Hy met Avraham Avinu gemaak het, altyd sal hou.”

      “Wat beteken dit om ’n lig vir die nasies te wees?”

      “In die Tora leer HaShem ons wat die pad is wat Hy wil hê ’n mens moet loop. Ons moet die Tora lééf sodat die ander nasies aan ons manier van lewe die pad kan sien.”

      “Hoekom wil die mense ons dan doodmaak as ons ’n lig vir hulle wil wees?”

      “Mense wil nie hoor dat HaShem ’n spesiale volk uitverkies het nie. Baie, baie mense glo nie dat Adonai Elohim is en dat Hy Echad is nie.”

      “Dis die Sh’ma,” fluister Yhoshi.

      “Dis reg. Omdat mense HaShem nie kan bykom nie, Hom nie kan ‘gryp’ nie, vergryp hulle hulle aan sy volk. Aan ons. Wil hulle óns gryp. Kan jy dit ’n bietjie verstaan?”

      Yhoshi knik. “Maar hoekom wil hulle HaShem gryp?”

      Marc sug voordat hy hom kan keer. “Ag, mense wat Hom nie ken nie, wil nie weet dat daar Een is wat groter as hulle is nie. Een wat beheer oor hul lewe het … wat vir hulle sê hoe hulle moet lewe. Een aan Wie alle mag in die hemel en op aarde behoort.” Hy sug weer. “En ongelukkig is Israel baiekeer nie ’n lig vir die nasies nie.”

      Dis ’n rukkie stil tussen hulle voordat Marc weer praat. “Yhosh, meer as enigiets anders wil ek hê jy moet grootword met vrees vir Adonai. Nie ’n bang vrees nie, want Hy het jou lief, maar ’n vrees … ’n respek wat kom van weet dat Hy heilig is. En omdat jy deel van sy volk is, moet jy ook heilig lewe.”

      “Wat is heilig?”

      “Heilig beteken apart, afgesonder vir Hom; daarom het Hy aan ons die Tora gegee sodat ons sal weet hoe om te lewe.”

      “Shabbat is ook heilig.”

      “Presies. Dis ’n dag wat Adonai, baruch Hu, eenkant gesit het, anders as die ander dae. ’n Dag wat net aan Hom behoort. So is jy ook eenkant gesit, en jy moet so lewe. Yeshua het gekom en ons die Ruach HaKodesh gegee sodat ons heilig en volgens HaShem se Tora kan leef.”

      Hulle sit ’n rukkie in stilte en kyk na die Ortodokse wat oor die plein loop vir die Shacharit in die Hurvah-sinagoge.

      “Abba.”

      “Hmm?”

      “Hoekom het jy my nie gesê jy gaan vanaand milu’im toe nie?”

      Marc vryf Yhoshi se hand ingedagte. “Omdat dit vir my moeilik is om dit vir jou te sê,” antwoord hy eindelik. “Ek en Imma probeer julle van dié dinge weghou, maar dis nie maklik nie. Dit was verkeerd van my om jou nie te sê nie.”

      In die boom bokant hulle koer twee duiwe verlief. Die katte bekyk hulle berekenend.

      “Jy het nog nie gesê hoekom ons altyd moet oorlog maak nie.”

      Marc huiwer ’n oomblik voordat hy vra: “Wil jy hê ek moet jou soos ’n grootmens antwoord?”

      “Ken.”

      “Dan moet jy probeer verstaan soos ’n grootmens.”

      Die kind sit regop en kyk afwagtend na Marc. Hy knik.

      “Jy weet ek en Imma was albei soldate, Bibi is ’n soldaat. Dod Ofer is, Saba was. Jy ken ook baie, baie jong soldate. Watter soort mense is hulle?”

      “Vriendelik,” sê hy ná ’n oomblik se nadenke.

      “Yhoshi, weet jy die meeste van daardie soldate is nes jy grootgemaak? Hulle is geleer om sensitief te wees, gevoelig. Die Tora leer ons om lief te hê en mekaar te respekteer. Om te gaan veg is beslis nie wat hulle die graagste wil doen nie. Hoekom dink jy het ons so baie universiteite en yeshivot? Omdat dit nou eenmaal in ons Joodse bloed is om te wil studeer. Dink jy nie die soldate vra ook altyd in hul harte en vir mekaar wat jy my nou gevra het nie: ‘Waarom moet ons altyd oorlog maak?’”

      Yhoshi woel sy lyfie stywer teen sy pa aan. “Ek dink so. Maar, Abba, oorlog is erg! So baie mense word doodgemaak. Dod David is ook in die oorlog dood.”

      Marc ril onwillekeurig. “Oorlog is altyd wreed. Het jy al van Tohar Neshek gehoor?”

      “Lo.”

      “Dit is die IDF (Israelse weermag) se leuse, kan ’n mens maar sê, en dit staan vir: Reinheid van wapens.”

      “Réinheid?”

      Marc knik. “Ek weet dit klink vreemd, maar dit beteken jy as soldaat het nie die reg om jou vyand met geweld te straf nie. Of oor jy hul land vir jou wil neem nie. Jy kan net veg om jou land en jou mense te verdedig.”

      Hy wonder moedeloos hoeveel die kind verstaan van wat hy probeer verduidelik. Hoeveel hy self verstaan.

      “Maar as ’n mens iemand doodskiet, dan is dit mos geweld.”

      “Ek weet. Maar hoe kan jy jou anders verdedig as jou vyand dreig om jou dood te maak?”

      “Bedoel jy ons soldate maak net dood as die vyand hulle wil doodmaak?”

      “Ja.” Maar so eenvoudig is dit nie, dink hy.

      Yhoshi kyk hom skerp aan. “Beteken dit ons soldate is nie so sleg soos ander soldate nie?”

      Marc moet glimlag. “Wel, nee. Maar dit is hoe die IDF ons leer dit moet wees. Dis soos ons in alle omstandighede probeer wees. Dis nie om na ons kop toe te gaan en te dink net ons is so wonderlik nie. As ons gedwing word om ons te verdedig, moet ons altyd onthou dat ons HaShem se volk is en dat die Tora ons hoogste wet is.”

      “Maar partykeer val ons aan nog voordat ons aangeval word.”

      So, dan snap jy dit ook al, dink Marc.

      “Ja, maar dan is dit omdat ons weet ons gaan aangeval word en ons probeer dit voorkom. Maar ook dan moet ons Tohar Neshek in gedagte hou.”

      Die kind dink daaroor na en vra toe: “Doen ons dit?”

      “Ek dink ek sal kan sê ja, byna sonder uitsondering. Moet ek jou vertel van wat ek eendag self gesien het wat vir my mooi was?”

      “Bevakasha!”

      “Wel, dit was met die oorlog in Libanon. Hulle het ’n gevangene na ’n tent gebring waar ek ook was. Ons moes hom oppas totdat die militêre polisie hom kon kom haal. Die offisier in bevel het vir hom kos en water gaan haal. Hy kon nie sy hande gebruik nie, want dit was agter sy rug vasgebind. Toe hou die offisier vir hom eers die plastiekbekertjie met water vas sodat hy kon drink. Toe voer hy hom sy kos. Weet jy, die man