Jesus Christus en ons lewe in hom. Johan Malan. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Johan Malan
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315571
Скачать книгу
heen het Satan die volk Israel gehaat en vervolg weens die beloftes van die komende Messias wat aan hulle gemaak is (vgl Op 12:4–5). Herodes se kindermoord in Israel moet in die lig hiervan gesien word (lees Matt 2:13–18). Dit was een van die eerste pogings van Satan om Jesus om die lewe te bring en sodoende die vestiging van sy koninkryk te probeer verydel. Verskeie demonies-geïnspireerde pogings is ook daarna aangewend; die mees onlangse hiervan was die Joodse Slagting van die Tweede Wêreldoorlog.

      Blink môrester

      Die Here Jesus sê: “Ek is … die blink môrester” (Op 22:16). Petrus voeg hierby: “En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte” (2 Pet 1:19).

      Die môrester is by uitstek die simbool van hoop – die verwagting van ’n nuwe dag wat weldra sal aanbreek. In Jesus Christus het ons ’n hoopvolle toekoms. Ons kan verby die spanning van die huidige lewe kyk na die strale van ’n helder nuwe dag wat met sy wederkoms oor hierdie donker wêreld sal aanbreek. Ons kan deur die tekens van sy koms ook in die ontwrigtende omstandighede van die huidige tyd sy naderende voetstappe herken. Mense sonder ’n Christelike toekomsverwagting is nie in staat om wêreldgebeure geestelik te vertolk nie en word deur al die slegte nuus en donker vooruitsigte tot wanhoop gedryf.

      Wysheid

      Alle wysheid buite God is dwaasheid en nietige misleiding (vgl Kol 2:8). Vir ’n mensdom wat vervlak het in sy denke en dwaas geword het in die oorleggings van sy hart, het Christus met sy koms ’n nuwe bron en dimensie van kennis gebring en daardeur vir ons geword die “wysheid uit God” (vgl 1 Kor 1:24, 30). Hy het nie alleen die mens se onkunde en die verduisterde toestand van sy hart aan hom geopenbaar nie, maar deur sy kruisdood die weg vir almal gebaan om tot wyse en verstandige kinders van God herskep te word.

      Deur Jesus Christus gee God aan ons die Gees van wysheid sodat ons die rykdomme kan begryp wat Hy aan ons skenk (vgl Ef 1:17–18). Ons moet daarna streef om in wysheid toe te neem deur die Here Jesus beter te leer ken, “in wie alle skatte van wysheid en kennis verborge is” (Kol 2:3). Hy is die wonderbare Raadsman (Jes 9:5) wat die regte raad vir elke probleem het. “As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid … en dit sal aan hom gegee word” (Jak 1:5).

      Raadpleeg eers die Here en ken Hom in al jou weë voordat jy ’n besluit neem. Hy sal jou deur sy Woord en Gees onderrig soos ’n vader sy seun onderrig. Moenie eers volgens eie insig handel en ernstige foute maak voordat jy ’n saak aan die Here voorlê en sy leiding afbid nie.

      Ons moet die Bybel deursoek vir riglyne en dit toepas, want: “Die beginsel van die wysheid is die vrees van die Here, en kennis van die Heilige is verstand” (Spr 9:10). Hy sal jou antwoord en jou paaie gelyk maak. Eers as jy in jou hart vrede oor ’n saak het, dan weet jy dat jy in die geloof daarmee kan voortgaan.

      Oorwinnaar

      Jesus Christus het die duiwel, die dood en die hel oorwin! Hy het “die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer” (Kol 2:15). Hy is die magtige Verlosser wat elke sondaar se bande kan verbreek en hom van die mag van die vyand kan bevry. “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh 8:36).

      Word jy nog deur sondes, swakhede en vuil gewoontes geteister? Kom na die enigste Verlosser vir vergifnis en vrymaking (vgl 1 Joh 1:8–9). “Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie” (Gal 5:1). Leef as ’n oorwinnaar en gee aan die Here die eer vir wat Hy in jou lewe gedoen het. Reken volkome op sy krag en genade om staande te kan bly teen die liste van die duiwel: “Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei” (2 Kor 2:14).

      Die groot belangrikheid van Christus se godheid

      Baie van die name en titels van die Here Jesus wat in hierdie hoofstuk genoem is, het op sy menswording betrekking. Omdat sy Godheid deesdae egter so hewig aangeval word, mag dit van waarde wees om ’n duidelike, samevattende stelling oor sy ewige bestaan as God te maak. Die Bybel beskryf Hom in sy Godheid onder andere soos volg:

       Die EK IS, die onnaspeurlike, tydlose, selfbestaande Een (Joh 8:58; vgl Ex 3:14–15).

       Die Woord wat nie net aan die begin by God was nie, maar God self was wat vlees geword het in die Persoon van Jesus Christus (Joh 1:1, 14; vgl Op 19:13).

       Elohim, een van die wonderlike, Goddelike Persone in die drie-enige Godheid, die Here God, Jahweh Elohim, wat self ook Jahweh, die ewigbestaande Een, is (1 Joh 5:7).

       Die Skepper (Joh 1:1–12; Kol 1:16–17; Heb 1:2) en Leidsman tot die lewe (Hand 3:15).

       Die Here (Matt 22:41–46; Ps 110:1). “… elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is …” (Fil 2:11). Thomas se twyfel het verdwyn toe hy die opgestane Christus sien, en in ’n opregte belydenis van geloof het hy uitgeroep : “My Here en my God!” (Joh 20:28).

       Sterke God (Gibbor El). “Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee … en Hy word genoem … Sterke God …” (Jes 9:5). In Génesis 17:1 het dieselfde Here (Jahweh) aan Abraham gesê: “Ek is God, die Almagtige” (El Shaddai), daarom is die Woord self die Almagtige God (vgl Tit 2:13) aan wie alle gesag in die hemel en op aarde gegee is.

       Dieselfde, dit is die selfbestaande Een wat nooit verander nie. “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Heb 13:8; vgl Ps 102:28). “U is dieselfde, en u jare het geen einde nie” (Heb 1:12).

       Die Alfa en die Oméga, die Begin en die Einde, die Eerste en die Laaste (Op 22:13). Sy ewige selfbestaan word hier beskryf, en daar kan nie binne tyd of ruimte ’n meer beperkte rol of bestaan aan Hom toegeskryf word nie.

      Ons leef in die eindtyd, kort voor die wederkoms van Christus. Satan, “wat die hele wêreld verlei” (Op 12:9), en al sy bose magte verskerp hul aanvalle teen die Christelike geloof en veral op die Here Jesus Christus self. Satan se pogings om Hom aan die kruis te vernietig, is deur die opstanding en hemelvaart van Christus ongedaan gemaak. Spoedig daarna het Satan begin om die waarhede oor die Persoon van Christus te verdraai om wydverspreide twyfel oor sy maagdelike geboorte en Godheid te laat ontstaan. Sowat 700 jaar voor die geboorte van Jesus het die profeet Jesaja geprofeteer: “Kyk, die maagd sal swanger word en ’n seun baar en Hom Immánuel noem” (Jes 7:14). Dit is bevestig deur die engel wat aan Josef verskyn het om die geboorte van Jesus aan te kondig, want hy het hierdie profesie aangehaal en ook bygevoeg dat dit beteken: “God met ons” (Matt 1:23). Dit bewys in ’n enkele stelling die Godheid en maagdelike geboorte van Jesus – twee belangrike leerstellings wat die afgelope twee eeue toenemend aangeval is. Die Bybel bevestig egter: “Hy is die Beeld van die onsienlike God” (Kol 1:15).

      In Georg Friedrich Händel se wonderlike werk Die Messias sing die koor hierdie betekenisvolle woorde: “Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!” (Jes 40:9). Jesaja het só oor die koms van die Messias geprofeteer: “Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here Here sal die trane van alle aangesigte afvee … En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die Here [Jahweh] op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp” (Jes 25:8–9). Dit is verdere bevestiging dat die Messias self God is!

      Ons sal óf vir ewig saam met Hom wees as Verlosser, Here, Koning en God, óf vir ewig weg van Hom af in die buitenste duisternis. Hy is die onvergelyklike Christus wat gesê het: “Wie in My glo, het die ewige lewe” (Joh 6:47). Net Hy is ons vertroue waardig. Die Engelse digter Frances Havergal beklemtoon sy uitnemendheid só: “Why will you do without Him? Is He not kind indeed? Did He not die to save you? Is He not all you need?”[8].

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу