Jesus Christus en ons lewe in hom. Johan Malan. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Johan Malan
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315571
Скачать книгу
is dit soveel te meer belangrik om waaksaam, toegewyd en standvastig in die diens van die Here te bly (1 Kor 15:58). As verlostes is ons nie onder die beheer van Satan nie, maar hy is ons vyand wat aanhoudend die ware gelowiges aanval en probeer mislei. Dit is die rede waarom ons die volle wapenrusting van God moet aantrek, sodat ons staande kan bly teen die liste van die duiwel (Ef 6:11).

      Ons is lede van ’n verborge koninkryk wat nie van hierdie wêreld is nie (Joh 18:36; Fil 3:20). Die Here Jesus is Koning van ons lewe en ons ervaar sy vrede in ons hart. Maar ons lewe in die wêreld word deur stryd gekenmerk (vgl Matt 10:34). Daar is konflik in ons verhoudings met wêreldlinge, want ons norme en beginsels verskil radikaal van hulle s’n.

      Hierdie toestand gaan spoedig drasties verander wanneer Jesus Christus se verborge koninkryk werklik en sigbaar op aarde geopenbaar sal word by sy wederkoms aan die einde van die groot verdrukking: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Op 11:15).

      Uit die oogpunt van Jesus se koningskap gaan daar drie belangrike gebeurtenisse tydens sy wederkoms plaasvind:

      Verdelging van die vyande van God tydens die slag van Armageddon

      Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ’n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone … En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here. … En ek het die dier [die Antichris] en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees.

      – Openbaring 19:11–21

      Die herstel van die troon van Dawid in Jerusalem

      Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.

      – Handelinge 15:16–17

      Vestiging van die duisendjarige Vrederyk op aarde

      En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie.

      – Miga 4:1–3

      En hy (’n engel) het die draak gegryp – die ou slang wat die duiwel en die Satan is – en hy het hom gebind duisend jaar lank, en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie … Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.

      – Openbaring 20:2–3, 6

      Om in die vrederyk as konings saam met Christus te regeer moet ons Hom nóú as die Lam van God aanvaar en in sy verborge koninkryk op aarde dien.

      Regter

      Hierdie amp van die Here Jesus is in die eerste plek ter sake vir die Christene omdat ons almal voor die regterstoel van Christus moet verskyn om loon vir ons arbeid in die Here te kry (2 Kor 5:10; vgl Rom 14:10).

      Die eerste opstanding is slegs vir die gelowiges; dan kom die Hemelse Bruidegom om sy bruidsgemeente [die ware kerk van Christus] te kom haal om met Hom verenig te word (1 Thess 4:16–17). Ons eerste afspraak ná hierdie ontmoeting is voor die regterstoel (Grieks: bema). Die bema was in Bybelse tye die rostrum waarop die beoordelaars gesit het wat lourierkranse aan die oorwinnaars toegeken het by sportbyeenkomste soos die antieke Olimpiese Spele.

      Wanneer gelowiges voor die regterstoel verskyn, gaan die Here Jesus hul lewens beoordeel en krone toeken. Almal wat dan voor Hom sal staan, is uit genade gered sonder eie verdienste, en staan daar as gelowiges wat aan Hom behoort. Hy gaan hulle dus nie oor geloof en redding uitvra nie, maar oor hoedanig hulle hul vermoëns gebruik het en die werk gedoen het wat Hy hulle gegee het.

      Sommige mense huldig die siening dat, omdat ons uit genade gered is, ons nie onder die verpligting is om vir die Here te werk nie. Die feit is dat ons duur gekoop is deur die bloed van die Lam, dat ons aan Hom behóórt en die opdrag het om God te verheerlik deur onder die leiding van die Heilige Gees ’n diensbare lewe te lei (1 Kor 6:19–20).

      Die Here sal hoegenaamd nie daarmee tevrede wees as ons ná ons redding ’n doellose en onaktiewe bestaan in sy koninkryk voer nie. Gelowiges wat, terwyl hulle wag vir die tyd om hemel toe te gaan, hulself hoofsaaklik besig hou met tydelike en verganklike dinge, soos ’n aardse lewe van eiebelang, sal bedroë daarvan afkom voor die regterstoel. Werke van dié aard sal verbrand word:

      … elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang … Niemand kan ’n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus [dit is redding uit genade op grond van die werk van Christus, sonder eie werke]. En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels – elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur [van Christus se regterstoeloordeel] sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.

      – 1 Korinthiërs 3:8, 11–15

      Kom ons neem die Here se opdragte aan sy kerk op aarde ernstig op, en streef sodoende na ’n lewe van gehoorsaamheid en godsvrug:

       “Soos die Vader My gestuur het, so stuur Ek julle ook” (Joh 20:21).

       “… julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees” (Hand 1:8).

       “… word met die Gees vervul” (Ef 5:18).

       “… verkondig die Woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf [en] vermaan” (2 Tim 4:2).

       “Julle is die sout van die aarde … Julle is die lig van die wêreld … Laat julle lig só skyn voor die mense …” (Matt 5:13–16).

       “Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie” (Matt 26:41).

       “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel” (Ef 6:11).

      Hierdie en talle ander Bybelse opdragte is in die bevelsvorm geskryf en is dus nie opsionele ekstras vir Christene nie. Behalwe dat ons in elk geval die Here moet verheerlik in alles wat ons doen, is dit ook in ons eie belang om aktief in die diens van die Here te wees. Dit maak ons lewens vrugbaar en gelukkig, dit maak vir ons ’n skat in die hemel bymekaar sodat ons nie met leë hande voor die Here hoef te verskyn nie, en vir die eerste keer besef ons dat ons werklik iets sinvols vir ons medemens kan beteken sonder om iets terug te verwag.

      Dit plaas ons ook op oorwinningsgrond omdat die krag en genade van die Here aan almal beloof word wat Hom met ’n onverdeelde hart wil dien. Verder laat dit alle bekommernis oor ons aardse behoeftes verdwyn. Die Here het beloof as ons die koninkryk van God en sy geregtigheid soek, sal