Reënboogmelodie. Anzil Kulsen. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Anzil Kulsen
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796322166
Скачать книгу
Robert vir homself te sê? En hoe oud is die kind? Ek hoop nie dit het gebeur toe julle al getroud was nie?”

      Dianè skud haar kop. Die kind is vir seker ouer as haar kinders, so sy moes gebore gewees het lank voordat hulle getroud is.

      “Sy’s seker so elf, twaalf jaar oud. En Robert is missing. ’n Paar stukkies klere gepak en verdwyn toe ons in die kerk was. Ek weet nie eens waar hy rondflenter nie, net ’n stemboodskap gestuur dat hy sy lewe wil uitsorteer. Dis net vir Johan wat hy gesê het hy moet vir ’n ruk weggaan, maar die kind het sy pa gewelddadig sien optree en nou is hy erger as ooit.”

      Lara lag skielik hard.

      “Robert is natuurlik skaam oor hy jou rondgepluk het en moes eers iewers gaan afkoel. Of …” Lara raak skielik weer ernstig. “Of hy weet die vrou met sy kind is op soek na hom en hy’t gevlug.”

      “Lara, ek glo die vrou nie.” Dianè maak keel skoon. “Ek en Robert het nooit by mekaar geslaap voor ons huwelik nie. Robert was … Robert is baie beginselvas. Hy sit nie sy mond aan drank nie, en buite-egtelike seks is vir hom taboe. Anders sou hy dit mos met my probeer het voor ons troue.”

      “O jittetjie, ek weet darem nie so mooi nie.” Lara hou haar hande op toe Dianè haar mond oopmaak. “Toemaar, dis jou man. Jy ken hom die beste. Ek glo net waar ’n rokie draai, is daar ’n vuurtjie. Maar los dit nou liewer. Wat gaan jy maak om Robert op te spoor? Jy moet hom kry sodat hy homself kan explain, veral as die seuns vrae begin vra.”

      “Hulle wonder wat aangaan, ja. Gelukkig gaan hy baie weg, hoewel hy dit nie normaalweg doen sonder om hulle ordentlik te groet nie. Ek hoop hy maak gou kontak. Ek kan nie glo hy vat sommerso die pad nie.”

      “Wat gaan jy doen?”

      Lara se stem hou soveel moontlikhede in. Asof sy met hierdie vraag vir Dianè ’n magdom opsies bied.

      “Ek weet nie. Wat sou jý doen?”

      “Ek het nie meer ’n man nie en daarom seker ook minder probleme as jy. Behalwe dat ek myne so mis.” Sy raak vir ’n oomblik afgetrokke.

      “Anyway, ek sou dit vir seker nie net so los nie. Ek sou heel eerste wou uitvind hoekom Robert so beduiweld is, en dan sou ek wou uitvind hoeveel waarheid daar in die vrou en dogter se storie steek.”

      “Maar …” Sy wil vir Lara sê Robert is al so wispelturig vandat sy hom ken, maar Lara hou haar hand op.

      “Ek weet wat jy pas gesê het oor sy kastige beginsels. Dit wat jy glo, is een ding, maar die waarheid is dalk heeltemal iets anders. Jy is dit aan jouself verskuldig om te weet. Ek bedoel, wie gee hom die reg om jou so aan te rand? En jy sê dis oor rooivleis en proteïene? Ek glo dit nie. Daai man steek iets weg, en toe die wêreld vir hom te klein raak, het hy die hasepad gekies.”

      “Jy is seker reg.” Toe die klokkie ’n besoeker aandui, pluk Dianè haar mou terug oor haar skouer en knoop haar bloes toe. Die serp drapeer sy weer behendig om haar nek. “Ek dink ek weet wat ek eerste moet doen. Iets wat ek al lankal moes gedoen het.”

      “Sterkte,” sê Lara en los haar om tot verhaal te kom terwyl sy aan die kliënt wat so pas ingekom het, gaan aandag gee.

      Robert

      Hy vlieg verward op en sukkel om die omgewing om hom te eien. Iets in die lug werk nie lekker met hom nie, sy neus is toe en sy keel voel krapperig. Sy klere lê op ’n hopie op die vloer, en die meeste van die beddegoed is op die stoel langs die bed gebondel. So nie sy styl nie. Wat het laas nag hier gebeur?

      Vaagweg begin die reuk van soet parfuum wat aan die kussing kleef hom herinner aan die vorige nag. Wat het in hom gevaar dat hy ná sy besluit om op te hou met sy gevaarlike leefstyl, weer ’n vrou na sy kamer gebring het? Hy onthou nie veel van die vrou nie, en bitter weinig van die aksie wat duidelik in hierdie kamer plaasgevind het.

      Hy vee oor sy oë en snuif. Dit moet die verdomde sinus wees wat hom so onder die weer het. Dis glad nie snaaks dat hy niks onthou nie. Hoekom het hy hom gisteraand met drank laat verlei?

      Dit het sy woorde so maklik laat vloei, die klein slukkies van die onsmaaklike suur wyn. Hoe mense dit geniet, verstaan hy nie. Maar hy was broos, en oorkant hom was iemand wat na hom wou luister.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RguRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAhAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAk4dpAAQAAAABAAAAqAAAANQALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIDIxLjIgKE1hY2ludG9zaCkAMjAyMDowNjoyMyAw Nzo1ODo0OAAAAAOgAQADAAAAAf//AACgAgAEAAAAAQAABkCgAwAEAAAAAQAACgAAAAAAAAAABgED AAMAAAABAAYAAAEaAAUAAAABAAABIgEbAAUAAAABAAABKgEoAAMAAAABAAIAAAIBAAQAAAABAAAB MgICAAQAAAABAAAW9AAAAAAAAABIAAAAAQAAAEgAAAAB/9j/7QAMQWRvYmVfQ00AAf/uAA5BZG9i ZQBkgAAAAAH/2wCEAAwICAgJCAwJCQwRCwoLERUPDAwPFRgTExUTExgRDAwMDAwMEQwMDAwMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwBDQsLDQ4NEA4OEBQODg4UFA4ODg4UEQwMDAwMEREMDAwMDAwR DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDP/AABEIAKAAZAMBIgACEQEDEQH/3QAEAAf/xAE/ AAABBQEBAQEBAQAAAAAAAAADAAECBAUGBwgJCgsBAAEFAQEBAQEBAAAAAAAAAAEAAgMEBQYHCAkK CxAAAQQBAwIEAgUHBggFAwwzAQACEQMEIRIxBUFRYRMicYEyBhSRobFCIyQVUsFiMzRygtFDByWS U/Dh8WNzNRaisoMmRJNUZEXCo3Q2F9JV4mXys4TD03Xj80YnlKSFtJXE1OT0pbXF1eX1VmZ2hpam tsbW5vY3R1dnd4eXp7fH1+f3EQACAgECBAQDBAUGBwcGBTUBAAIRAyExEgRBUWFxIhMFMoGRFKGx QiPBUtHwMyRi4XKCkkNTFWNzNPElBhaisoMHJjXC0kSTVKMXZEVVNnRl4vKzhMPTdePzRpSkhbSV xNTk9KW1xdXl9VZmdoaWprbG1ub2JzdHV2d3h5ent8f/2gAMAwEAAhEDEQA/AO3oEkeSs2Nlu0cc lV8d2olXtsNaSNXKCI9AVDdyjkMqvsxbyK6rwNth4a8fR3f11j9Rw31Fzwz9IyQ+s/TA8WuH89X/ ANuqr9YfrFT9uPT8KoZOW7R5dpVWOP0p/O/qILep5+IxtPU3MyQ0ja6tpY5o/c9znb9n+Cf/ANbR OPYs8T2Hm5GW7Efb6rGmm8fRurH/AFTfo2M/Nex7P+trKyW30O9amBWSC5g1a2Tr6R/0H/nn+bXQ dXxMd23IqdvrtbvqtGkju397cz6L2rKrvrZqQLGOBFtZOhBkH+ruRia8Vsogtas05rSx4Id2I0e0 j85kf9QlVlZeJf6N1gsZoJInQ/RfP8pVrcd2Lmsdi2fo7YcwkwXAfmf8YxXHOZmMFdjTVc3jcInx aJT7+xglBPfe6pjnB4FbZe+Rw0DcXMC5y7rvVsrIjFcamOkMqZAMcy9/762epteem5AbM7Ij+s5o esTCx3/aYa0udWCdrdSY/dCV0GOGMXqLd3o9P1xvfU5h9as6uqdtOnG2zd7/AFP3Pet+3Dy6x6eR R6dzf5xjtCD/ACR7vY76TEH6p9boZlUU+hcw5JFdRLRtJcdm0On9781dR1LLw+p+lkYj/UFTXUWu gj3Vu+j7w3d9JLHIk0VvNYImFgPHehd6/wDNpLb9EerMJKxTj+x+dP8A/9DuMZjp11ErLbm42F9Z jgDqTr7soH1cBz95q9vqesxsfoW7B6vp/wCiWzS6IjhZHV6MSrPvvoYGZWYxjcu1o1Lax7K/7Xs9 f/SenRX/AIFRAeldj3ru8j1GjLoy