Sewe dae by die Silbersteins. Etienne Leroux. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Etienne Leroux
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780798178419
Скачать книгу
is ’n groot vriend van my. Hy is ’n uitstekende juris, maar, helaas, ’n filistyn. So is hulle almal, my vriende hier, goed in hulle vak en ryk daarby. Dink jy dis ’n skande om ryk te wees? Betwyfel jy hulle integriteit? Het ryk mense geen integriteit nie? Die lewe is nie so eenvoudig nie. Ek sien jy moet ontslae raak van sekere gevestigde idees.” Hy is effens aggressief. “Kom, sê vir my – tel goeie familie meer as rykdom? Wat bedoel jy met goeie familie? Mense wat oor geslagte heen iets vir die gemeenskap tot stand gebring het? Mense wat sekere kodes van wellewendheid en smaak jaloers binne hulle kring bewaar?” Sy aggressiwiteit het nou bedaar. “Dink jy ons is vulgêr? Ek is ryk en ek is net so trots op my prestasie van rykdom as jy op jou geslagsregister. Dis jou eerste les. Jy moet gewoond raak aan rykdom en die rykes.”

      “Ek het aan die dood gedink,” sê Henry. “Ek het niks teen u en u gas­te nie.” Hy het meteens die hitte begin voel en hy wens dat hy van sy aandpak ontslae kan raak.

      Hulle stap saam tussen die malende tweedstukke.

      “Jy lyk effens onvanpas met jou aandpak,” sê Jock, “maar dit sonder jou uit, maak jou interessanter. Ek veronderstel jy is ’n individualis.”

      “Nee,” sê Henry. “Dit was bloot ’n misverstand.”

      “Met wie wil jy gesels en waaroor?” vra Jock. “Oor bloedlyne, kastra­sie, reinheid en onreinheid, skade, egskeidings, feeste, eersgeborenes, erfporsies, ondertroue van groepe behorende tot verskillende stamme, melaatsheid, die huwelik, moord, kos, die armes, prostitusie, die kweek van baarde, slawe-arbeid, diefstal, trustees, godsdiens …? Jy hoef maar net die onderwerp te noem en ek kan iemand hier uithaal wat jou die nodige informasie sal gee tot die beste van sy vermoë, wat nie gering is nie as mens die feit in aanmerking neem dat soveel persone hier teenwoordig is wat sukses in hulle onderskeie beroepe behaal het. En, let wel, gepaard daarmee, ook materiële vergoeding vir hulle bekwaamheid gekry het. Of verkies jy ’n arm ekspert? In daardie geval, miskien later in die week.” Iemand pluk Jock aan die arm. “Dit was ’n aangename gesprek. Ons moet weer gesels,” en hy laat Henry gestrand in die middel van die vloer waar ’n dronk maar welriekende vrou van gevorderde ouderdom die jongman hartstogtelik omhels.

      Jock kom terug en fluister iets in haar oor. Sy keer haar weer tot Henry, haak by hom in en wandel met hom tot by die venster van waar hulle in die beligte tuin kyk.

      “Mens woon in die land van die lewende, mens moet nie heeldag aan die dood dink nie,” sê sy. “Die lewe is so interessant. Neem my man as voorbeeld – daardie een oorkant in die hoek, die een met die wit baard, sir Henry Mandrake. Sir Henry en ek was die hele wêreld deur: Hongkong, Hawaii, Griekeland, Majorka, Venesië en Capri. Ons het al die mooiste kunswerke gesien en sir Henry is ’n ywerige versamelaar alhoewel hy die jongere abstraksies nie kan waardeer nie. Sir Henry se lewe was vol en hy ly aan sy hart. Dr. Johns is ons huisarts en hy het my vertroulik meegedeel dat sir Henry versigtig moet wees. Die dood is om die draai, maar dink jy sir Henry gaan eenkant in ’n hoekie sit, soos iemand wat ons ken, vol doods­gedagtes? Kyk na hom.” Sir Henry het ’n slank meisie omarm. Haar oë is donker; haar vel is roomwit; sy lyk soos ’n madonna. (Is dit Salome?) Sir Henry se gesig is bloedrooi; die are op sy slape is pers en geswolle; hy hyg na asem; sy oë is verwilderd; sy bewegings rukkerig. “Lewe en nogmaals lewe is sir Henry se benadering. Dood, waar is jou angel?” Sy kyk met groot solemniteit na die jongman. Haar beenstruktuur is indrukwekkend; die skoonheidsvernis op haar gesig is deur ’n deskundige gevorm tot ’n pragtige masker wat stadig begin ontbind as die trane begin loop: eers die blou onder die oë, dan die rooisel op haar wange, dan die poeier wat orals verkrummel. “O, die neerslagtigheid van die jeug!” Sy gryp hom aan die arm. “Leef! Leef! Dans en wees vrolik; die hele wêreld wag. Lewe, lewe, lewe!” En sy verberg haar gesig op sy bors terwyl haar Juno-haarkapsel stadig begin lostrek en kammetjies, haarnaalde en gespetjies een ná die ander met die geluid van waterdruppels op die vloer val.

      Henry sit sy arm om haar en kyk op in die stralende gesigte van die slank Mrs Silberstein, J.J. en Jock wat van oorkant die kamer, langs ’n kaggel met geelhoutvuurskerms, hom vrolik en goedkeurend toewuif.

      ’n Rukkie later, toe hy weer alleen in die middel van die kamer is, nog ’n glasie brandewyn in sy hand gestop deur ’n verbygaande gas, trek iemand sy aandag. Dis regter O’Hara met dr. Johns.

      “Jock vertel my dat jy baie belang stel in melaatsheid,” sê dr. Johns. “Is dit nie ’n bietjie morbied nie?”

      “En owerspel, moord, onreinheid, prostitusie en diefstal,” voeg regter O’Hara by. “Ek moet erken dis ’n ongewone belangstelling vir iemand van jou leeftyd.”

      “Om met melaatsheid te begin,” sê dokter Johns, “ek sal jou nie ver­veel met die mediese aspek daarvan nie. Die kanse is baie gering dat jy dit in hierdie gedeelte van Afrika ooit sal kry, of ooit sal teëkom. Dis die psigologies-morele aspek daarvan wat jou klaarblyklik interesseer.” Hy maak sy keel skoon en rook en drink eers ’n bietjie voordat hy hervat. “Volgens Moses Maimonides is dit duidelik gestel deur die ou wysgere dat melaatsheid straf vir skinderpraatjies is. Die siekte begin in die mure van die huis. Hou die oortreder op met sy lasterpraatjies, is die doel bereik. Hou hy vol, versprei die siekte tot sy bed en huismeubels; skrik dit hom nog nie af nie, dan val die siekte sy kleding en sy liggaam aan. Aangesien melaatsheid aansteeklik is, vermy almal die persoon en is die doel bereik, die lasteraar onskadelik gemaak. Ek dink daar is ’n geweldige wysheid agter hierdie ratio verskuil.”

      “Baie interessant,” sê regter O’Hara en hulle kyk na die mure van die voorkamer, na die onreines in hulle groepies, na hulle bewegende monde wat die siekte van die mure trek tot die meubels. Hulle betas hulle klere en meteens is dit asof die hele vertrek met melaatses gevul is. “Die hele wêreld,” sê regter O’Hara, “die hele wêreld is met die onreinheid aangetas.”

      “Die purifikasie is teweeggebring deur sederhout, hisop, skarlaken gare en twee voëls. Die rede hiervoor, soos aangegee in die Midrashic-gesegdes, is obskuur en nie heeltemal aanneemlik nie.”

      Dr. Johns en regter O’Hara het van Henry vergeet en beweeg al geselsend oor die onderwerp in die rigting van die kroegie.

      III

      Dis vir Henry asof iets plotseling met die huis gebeur het: die mense praat nog, dans en klets, maar dis asof daar ’n ander kwaliteit in die gedruis gekom het. Dit voel vir hom soos ’n grammofoon wat besig is om af te loop. Hy kan die gevoel nie afskud nie en hy staan met sy kop skuins terwyl hy aandagtig luister. Dan besef hy meteens wat gebeur het. Die diesel-ligte-enjin het gaan staan. Maar spoedig verander die kwaliteit van die geluide weer en, alhoewel daar ’n toonverandering is, is daar weer lewe. Vanuit die tuin het ’n ander enjin begin werk, met ’n vinniger ritme, met meer omwentelinge per minuut – die pompinstallasie wat van die ligtetoestel oorgeneem het en nou stadig besig is om die swembad leeg te pomp, die water te filtreer en die swembad weer vol te pomp.

      Die brandewyn begin nou ’n uitwerking op hom hê en Henry vind dat hy geredeliker saam met die rykes hulle dans uitvoer. Hy dans met die slank Mrs Silberstein en pas hom aan by ’n ritme wat sy self op subtiele wyse aandui. Sy vertel hom van Jock wat haar nie altyd begryp nie en haar tot raserny dryf met sy oomblikke van waansinnige jaloesie. Hy verlaat die melaatse Mrs Silberstein en dans met die madonna met die donker oë wat so vars en mooi soos ’n lelie lyk. “Is jy Salome?” vra hy terwyl sy haarself gewillig in sy arms oorgee. Sy begin meteens lag, eers saggies terwyl sy telkens op haar lippies byt, dan harder en musikaler as die emosie haar oorweldig. “O, Henry!” sê sy magteloos in die greep van haar lagbui. Die volgende oomblik dans hy met ’n ander donkerogige maagd wat stiptelik korrek, met ingehouer ritme, hom hooghartig beperk tot die genot van klassieker maat. Hy durf háár nie vra nie en verlaat haar in die stilte van sobere voltooiing. Hy dans opeenvolgend met donkerogige vroulike vorms met velle so wit soos melk en so bruin soos ou hout wat hom deur al die nuanses van die dans voer, hom betower met allerhande sinneprikkelende bewegings, hom terg met oneindige samestellings van persoonlikhede, hom welvoeglik-skaamteloos uitlok tot hul erotiese hemele. Hy kry vir J.J., alleen hierdie keer, terwyl Jock die slank Mrs Silberstein soos ’n beer teen hom aandruk en haar protesterend