Liefs nie op straat nie. John Miles. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: John Miles
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Публицистика: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780624078296
Скачать книгу
hof.

      Die bus het stilgehou. Ben en Pieter klim vinnig uit.

      Pieter voel tam in sy bene. Sy hande bewe. Ben bly ’n rukkie stil en sê dan

      — O ja, Pieter, oor daardie verkeersoortreding van jou. Jou ma sê jy bekommer jou so daaroor. Vergeet dit, man, ek sal die lêer laat wegraak.

      OOM NAKKIE, MY OOM NAKKIE

      Bruin Bertie was maar twaalf Oom Nakkie kom om die hoek geloop, sy oë op skrefies en gaan staan botstil in die middel van die sypaadjie. Voor hom moet hy die twee mans sien, die een so tien treë verder en die ander nader, ’n hele voet langer. jaar oud toe sy pa, oom Nakkie Stander, skielik een middag, helder oordag, koelbloedig in ons dorp vermoor is.

      Die hele dorp het ten minste ’n week lank aanmekaar daaroor gesels. Of net gefluister. Want oom Nakkie was oud-Volksraadlid. En, dít sou ons almal gelyk wou gee: ’n bekwame en aktiewe man en daarby steeds belangrik. En om alles te vererger, sy seun Bertie was so te sê bý toe dit plaasgevind het.

      Oom Nakkie se gewig rus nog op sy een been soos wat hy om die hoek geloop het. Sy lyf wíl effe vooroor leun, sy duimnaels is wit. Die verste mannetjie plant sy linkervoet ’n halwe tree skuins vorentoe, sy bene bak, sy arms bak. Sy rug krom van gereedheid. Vir die volle oomblik bly sy oë pal op oom Nakkie. Dit het alles so skielik gebeur. Oor die motief kon skynbaar nie een later met sekerheid praat nie. Oom Nakkie is oombliklik dood. Die voorste man lyk asof hy nog nooit kon stilstaan nie. Sy lyf is die ene beweging, vorentoe en áf.

      Die regter het gesê dis ’n eienaardige sameloop van omstandighede. Want dit was Vrydagmiddag drie-uur, met talle mense van die distrik in die dorp om die skoolkinders by die koshuise te kom haal. Die dorp en distrik se vóórste mense. Tog het behalwe miskien Bertie net nog ’n bankklerk die daad en die moordenaars skynbaar vlugtig gesien. Want Bertie was amper by. Oom Nakkie is besig om sy wang te draai. Die duim van sy een hand gaan oop as hy net-net pas om die hoek gekom het, sy volle gewig rus nog nie op al twee bene nie, maar hy staan.

      Die aandadiges is nooit opgespoor nie. Onder die herhaalde kruisverhoor het die bankklerk psigies in duie gestort. Hy was klaarblyklik ’n onbetroubare getuie.

      Die kort agterste een dek die agterhoede, sy oë wyd en wakker vir die groot, kort spel. Soos ’n heelagter. Elke beweging lyk bereken net asof hy weet hoe baie oë sy spel dophou en bewonder.

      Ook vir Bertie was die skok een te veel. In die hof is getuig dat Bertie nog sy pa vyf minute voor dié se dood gesien het. Oom Nakkie het hom soos op alle ander weeksdae by die skool kom haal. Niks meer nie: Oom Nakkie het pas om die hoek geloop gekom en draai sy wang en die heel tyd het die voorste man beweeg bo-oor en áf op hom. En die een daar agter se bene bak asof almal dophou. Ons dink maar hulle was op pad poskantoor toe maar by oom Lang Hans se handelshuis het iemand, bes moontlik meneer Dreyer, ons skoolhoof, bietjie met oom Nakkie staan en praat en hy wou ook seker graag eenkant alleen met Bertie gesels. Dalk oor sy skoolwerk. Niemand het juis van ou Blas Bertie gehou nie. Hy het trouens amper geen maats gehad nie. En sy skoolwerk was nie op die peil van ’n oud-L.V. se seun nie en ons as kinders was eintlik bly en ook ons ouers het meewarig geknik.

      Wil hy nie nog sy hand lig wanneer hy net sy wang wys nie? Oom Nakkie, hoe lank staan jy nie al só nie? En hoe lank nog?

      Daar is baie gegis. Sommige het gesê dis politiek. Ander: familiesake. Of ’n goed georganiseerde bende uit die stad. Oom Nakkie het tog dikwels vakbondvergaderings in Kaapstad gaan toespreek. Dan was daar nog ook oom Nakkie se nagtelike besoeke aan die lokasie. Maar dít is nooit eintlik genoem nie.

      — As dit nog ter sake was, het dominee Wiesner gesê, ons dorp se naam, tog!

      En as die grond hom wil trek, is Bertie om sy bene. Oom Nakkie se een hand stoot na agter, die duim oop. Om die grond te keer of vir Bertie wat om hom slaan en skree: Moenie vir Pa nie, moet tog nie, dis my pa.

      Heelwat mense het daarna gesê dis tog die Here se wil. Oom Nakkie was ’n moeilike man wat met sy idees baie probleme kon begin het. Sy straf móés net een of ander tyd kom.

      Die lang een lig sy arm. Sy een knie hóóg teen sy bors, sy ander voet vier duim van die grond. Vorentoe en áf. Hou vir hou in oom Nakkie sonder sy ou oog en wang.

      Dit was die grootste begrafnis wat die distrik in jare geken het. Wéér het elkeen meegewerk. Net die Kleurlinggemeenskap was glo baie huiwerig om hulle deeltjie by te dra. Nic Weyers, ons burgemeester, het gesê

      — Kyk net, hy’t só veel vir hulle wou doen; man, dis darem ’n ondankbare nasie.

      Maar baie van ons dorp se mense het die Here se hand ook hier gesien. Oom Lang Hans het vir Pa gesê

      — Buks, vergeet dit tog nou. Mens kan nie teen die Here se wil gaan nie. Jy wéét oom Stander was ’n aweregse man wat kort-kort dinge wou begin verander het. Al die integrasie-praatjies en sy kind wat ’n skandvlek op ons gemeenskap was. Jy kán tog nie teen die Here se wil nie; dis nié ons Volk nie.

      Toe Bertie seker kort na die moord skielik op die toneel kom, het oom Lang Hans reeds oor sy pa gebuk, aan sy pols gevoel, sy kop gestut. Moenie my pa nie.

      Die klein Bertie het heeltemal histeries geraak en ons moes hom keer of hy sou van die omstanders te lyf gaan. Maar in die groot gedrang het hy spoorloos verdwyn. Eers die aand het die bediende op oom Nakkie se plaas Bertie se lyk gekry. Hy’t homself aan ’n balk bo-oor oom Nakkie se bed opgehang. Meneer Dreyer het nog in die hof verklaar

      — Was hy net twee jaar ouer, sou ons hom kon deurhaal, maar ja, twaalf jaar is ’n moeilike ouderdom. Vir ’n kind so sonder ma.

      Oom Nakkie kom om die hoek en Bertie. Vorentoe, áf en aanhoudend. Vorentoe en áf. Moenie my pa nie, moenie. En die kort, agterste een draai om, net asof almal kyk en bewonder, begin skree en hardloop, sy arms hoog oor sy kop

      — Stander is vermoor. Vang hulle. O, oom Stander is vermoor.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4Rp4RXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxNjowNjox NyAwNzoyMTozMQAAAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAGToAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMD