In hoofstuk 3 leer ons Basson van Rensburg senior en sy assistent, André, ken. André is meer as net ’n werksassistent; hy is ook Basson senior se vriend en regterhand. In die hospitaal leer ons Basson van Rensburg senior ken as ’n suksesvolle sakeman, ’n reguit mens met ’n fyn sin vir humor. Hy is siek: nie net het hy ’n ligte beroerte gehad nie, maar hy sukkel ook met sy hart. Die dokter (wat ook uitgebeeld word as ’n vriend van hom) verduidelik dat hy moet opereer, maar Basson senior weier.
Hoofstuk 4 stel ons voor aan die antagonis (die vyand van die hoofkarakter): Hein. Hoewel dit nie duidelik uit die eksposisie blyk waar hy in die storielyn inpas nie, leer ons hom vlugtig ken as ’n aggressiewe moeilikheidmaker. Sy voorkoms ondersteun hierdie beeld. Hy dra ’n koeël om sy nek, het baie tatoeëermerke, ’n snor en baard met ’n kaalgeskeerde kop. Die koerantopskrifte en TV-nuus waarna hy kyk oor Vecto Petroleum, maak hom net meer aggressief.
Hoofstuk 5 fokus op Basson junior se los verhoudings met meisies, die duur sportmotor waarmee hy ry (’n Aston Martin). Ons kom weereens agter daar is spanning tussen pa en seun. Basson van Rensburg senior praat oor sy oorlede vrou en ons kom agter hy was baie lief vir haar. Uit Basson junior se reaksie lei ons af dat hy sy pa verwyt omdat hy net altyd gewerk het en nie tyd vir sy seun gehad het nie. Hulle verskil ook sterk oor die rol van tegnologie in die maatskappy. Basson junior wil mense-arbeid deur masjinerie vervang terwyl sy pa voel die mense in die maatskappy het gehelp om die maatskappy op te bou. Die maatskappy het daarom die verantwoordelikheid om finansieel vir hulle te sorg.
In hoofstuk 6 woon Basson sy tien jaar lange skoolreünie by. Onemosioneel, statusbewus en sonder morele waardes maak hy sy verskyning. Hy begin dadelik met die meisie by die kroeg (Sexy Bartender) flankeer. Van sy skoolvriende neem aanstoot aan die dinge wat hy sê. Dit word duidelik dat hy slegs met vroue “speel”, bloot op die uiterlike gesteld is en net sjarmant optree sodat hy sy sin kan kry. Sy arrogansie word nou sterker as voorheen uitgebeeld.
Ons moedig jou graag aan om, nadat jy ’n afdeling gelees het, die blitstoetse te doen wat oor daardie gedeelte handel. Moenie verder lees voordat jy nie die toets gedoen het nie. As jy nou hierdie kort toets maklik kon doen, kan jy aangaan na die volgende gedeelte. Die eerste blitstoets is vir EAT en die tweede vir HT, maar jy kan gerus albei probeer!
Leestoets: Hoofstuk 1−6
Eerste Addisionele Taal
Kies uit kolom B die korrekte woord om by die aanhaling in kolom A te pas.
•Soms verwys die aanhaling na iets of iemand, soms na die persoon wat dit sê. Ná die aanhaling word dit duidelik gespesifiseer.
•Skryf in die laaste oop kolom die toepaslike antwoord (dus die letter) neer wat jy kies uit kolom B.
Kolom A | Kolom B | Antwoord |
1.Vryf daaroor soos karakters in ou fantasieverhale oor lampe gevryf het.(Waarna verwys dit?) | a.Hein | |
2.“Een shaken en een stirred”(Wie sê dit?) | b.Koeël | |
3.Die een wat alles aanmekaar gehou het.(Na wie verwys Basson senior hier?) | c.Rapport | |
4.Om sy nek wieg dit aan ’n hangertjie.(Waarna verwys dit?) | d.Tatoeëermerke | |
5.Jong Van Rensburg neem Vecto Petroleum.(Waar word dit gesê?) | e.Kompas | |
6.Hy het ’n gly in mense wat vanne vir name het.(Wie het ’n gly in sulke mense?) | f.Dr. Scholtz | |
7.(Knucle-dusters(Waarna verwys dit?) | g.André | |
8.Die vermoë om aan te hou klop buite die liggaam.(Waarna verwys Basson junior hier?) | h.Basson junior | |
9.“Ek is jammer dat jy sonder haar grootgeword het.”(Wie sê hierdie woorde aan Basson?) | i.Hart | |
10.Welkom terug klas van 2004.(Waar staan hierdie woorde?) | j.Korporatiewe masjien | |
11.“Ek sal dalk weer moet ingaan en ’n bietjie moet arbitreer”(Wie sê hierdie woorde?) | k.Elaine | |
12.Hy is meer as net Basson se regterhand; het al soos familie geword.(Na wie word hier verwys?) | l.Basson senior | |
13.“Dis hoekom ons by Vecto Petroleum mens met masjien gaan vervang.”(Wie sê dit?) | m.Skoolreünie | |
14.“Grootste playain die geskiedenis van die skool.”(Wie sê dit?) | n.Jannes | |
15.Spier in die lyf wat die hardste werk.(Na watter spier word hier verwys?) | o.Sexy Bartender |
Leestoets: Hoofstuk 1−6
Huistaal
Kies uit kolom B die korrekte antwoord om by die beskrywing in kolom A te pas. Skryf in die oop kolom die toepaslike letter uit kolom B neer.
Kolom A | Kolom B | Antwoord |
1.’n Naald soek daarna | a.Basson senior | |
2.Hart wat nie ophou klop nie | b.Jeremiades | |
3.Pa en seun verskil oor die rol hiervan in die maatskappy | c.Slow-dance | |
4.Jong Van Rensburg neem oor | d.Basson junior | |
5.Ligte beroerte | e.Juffrou Beukes | |
6.Maatskappy waarmee Vecto Petroleum saamsmelt | f.OILGRO | |
7.Basson senior is nie ’n man hiervoor nie | g.Rapport | |
8.Basson junior se motor | h.Hein | |
9.Dit is teen Basson junior se reëls | i.Kompas | |
10.Die Van Rensburg-maatskappy se naam | j.Ware noord | |
11.Basson soen haar in die hysbak | k.Mercia | |
12.Basson senior se kosbaarste besitting | l.Tegnologie | |
13.Phillip se vrou | m.Vecto Petroleum | |
14.Strikdas en kruisbande | n.Hart | |
15.Hy sien dit in homself: tweedehandsgeit | o.Elaine | |
16.Spier in die lyf wat die hardste werk | p.Hangertjie | |
17.Koeël | q.Aston | |
18.27 jaar oud | r.André | |
19.Amory se motor | s.Masjinerie | |
20.Basson se ma | t.Ford |
Die motoriese moment
Die motoriese moment verwys na daardie oomblik wat die res van die intrige aan die gang sit. Dit is daardie een gebeurtenis wat die verloop van die verhaal verder bepaal. In dié roman en film is dit die oomblik wanneer Basson van Rensburg junior hoor dat sy pa dood is.
In hoofstuk 7 kom hy en Sexy Bartender by sy woonstel aan en dit is duidelik dat hy weer sy sin gekry het met net nog ’n vroueprooi. André wag hom in met die nuus van sy pa se dood en ook dat sy pa ’n DVD gemaak het waarna Basson moet kyk. In die DVD stel sy pa ’n ultimatum aan hom. Hy moet binne vyf dae in die Kaap kom vir sy pa se begrafnis. Indien hy dit nie doen nie, sal hy nie die 51 % erf waarmee hy Vecto Petroleum kan besit en beheer nie. Verder het sy pa vir hom ’n lys met opdragte gegee wat hy moet uitvoer voor hy in die Kaap aankom. In hoofstuk 8 word dit duidelik dat Basson probeer om nie aan sy pa se dood en die opdragte wat hy moet nakom, te dink nie. Later gryp hy ’n tas, jaag kantoor toe en kry die goue kompas wat sy pa vir hom gelos het. Daarmee aanvaar hy die uitdaging wat sy pa aan hom gestel het.
Leestoets: Hoofstuk 7–8
Eerste Addisionele Taal en Huistaal
Sê net of die volgende stellings waar of vals is. Maak ’n regmerkie of ’n kruisie langs die nommer in die blokkie.
1.Die oomblik wanneer Basson van Rensburg junior hoor dat sy pa dood is, was hy meer kwaad as hartseer. □
2.Die motoriese moment verwys na die dag toe Basson senior vir André gesê het: “Maak die oproep”. □
3.Toe Basson met die meisie (Sexy Bartender) in sy penthouse instap en vir André sien, het hy dadelik geweet sy pa is dood. □
4.André se strikdas hang los toe hy die nuus aan Basson oordra van sy pa se dood. □
5.In die DVD stel sy pa hom gerus deur te sê dat hy hom ten volle vertrou om die maatskappy te lei. □
6.Sy