Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal. Riens Vosloo. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Riens Vosloo
Издательство: Ingram
Серия: Piekfyn Afrikaans
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9781775891031
Скачать книгу
jy al homeopatiese medisyne gebruik? Vertel die klas daarvan.

      Die verhaal

      Eendag was daar ’n meisie wat wou loop waar sy wil.

      Toe sê haar ma: “My kind, jy is nie ’n seun nie. Jy kan nie loop waar jy wil nie.”

      Maar haar pa sê: “My dogter is anders, as sy groot genoeg is, mag sy loop waar sy wil.”

      Eers het haar ma daaroor gehuil, maar omdat sy geweet het dis wat haar dogter wil doen, het sy na ’n moetievrou toe gegaan.

      Die moetievrou luister mooi. Sy dink diep en toe gaan haal sy ’n velsakkie agter uit haar hut. “Gee dit vir jou dogter die dag wat sy gaan.” Sy sê ook wat die ma vir haar dogter moet sê.

      Op ’n dag sê die meisie: “Ek is nou groot en Pa het my geleer spiesgooi. Net môre loop ek.”

      Haar ma gee haar toe die velsak en sê: “As jy in die moeilikheid is, steek net jou hand in die sak en wat jy ook al nodig mag hê, sal jy kry. Maar een ding moet jy onthou: Jy mag nóóit die sak oopmaak en binne-in kyk nie, want dan sal jy jou storie moet ken.”

      Die meisie verstaan nie wat haar ma sê nie, maar belowe om nie in die sakkie te kyk nie.

      Sy loop en sy loop.

      Sy sien steenbokke en duikers en blouwildebeeste met hulle snaakse afdraandrûe en kameelperde met hul koppe tussen die blare van bome. Springbokke ook. Troppe van hulle spring deur die veld. Leeus brul agter hulle aan en hiënas vreet tjank-tjank op die leeus se spore.

      Op ’n dag val ’n buffel haar aan. Sy gooi na hom met haar spies. Dis raak.

      Die buffel se bene swik onder hom. Maar toe steun hy orent en hardloop weg met die spies blinkend in sy skof.

      Die meisie volg die spore verby ’n miershoop en ’n kareeboom tot in die lang gras. Net toe sy dink hy het weggekom, spring hy meteens uit die lang gras voor haar op en storm op haar af.

      Sy ruk die riem van die sakkie los, steek haar hand daarin en pluk ’n leeu uit.

      Die leeu storm en byt die buffel dood.

      Die meisie los die spies in die buffel se nek en stap aan met haar velsakkie.

      Sy stap ver, sien baie dorpies en wilde diere en vlaktes en riviere en die hitte wat dans op die vlaktes.

      Op ’n dag kom ’n sterk jong man uit die stowwerige vlaktes na haar aangestap.

      “’n Mooi jong meisie soos jy het ’n man nodig om haar te beskerm,” sê hy. Sy lag net, maar is nogal bly oor die geselskap, want soms sien sy dae lank niemand nie.

      Saam-saam volg hulle bokke se spore, sien ’n jangroentjie en ’n rooi-en-swart vink oor die vaal vlaktes flits, sing saam met die sonbesies en ruik die soet geur van die bossies in die vroeë oggendlug.

      Hulle sê dit nie, maar die wind fluister in hul albei se ore dat hulle lief is vir mekaar.

      Een aand toe hulle honger langs die vuurtjie sit, steek die meisie haar hand in die sakkie en haal bokvleis daaruit. Hulle maak dit gaar en gaan slaap met vol mae.

      Op ’n dag val krygsmanne hulle aan. Die jong man veg dapper, maar hulle vang hom en bind hom vas. Die meisie steek haar hand in die velsak en haal baie krygsmanne daaruit. Haar krygsmanne maak hom los en die vyand hardloop weg.

      Toe vra die jong man: “Wat het jy nog in daardie sakkie?”

      “Wat ek ook al mag nodig kry.”

      “Ek is dors,” sê hy. “En hier is nie water nie.”

      Sy steek haar hand in die velsakkie en haal ’n volstruiseierdop vol water daaruit.

      “Dis ’n wonderlike sakkie,” sê die jong man. “Daar is kos en water in en krygsmanne om jou te verdedig. Daar is seker ook ’n hut, ’n mielieland en ’n trop beeste daarin.”

      “Ek weet nie. My ma het net gesê ek sal alles daarin kry wat ek ook al nodig mag hê. Ek wil nie nou al ’n hut of ’n mielieland hê nie. Ek wil rondloop en alles bekyk.”

      “Maar kyk net wat in die sakkie is. Dan weet jy mos wat jy later nodig sal kry.”

      “Dit mag ek nie doen nie.”

      “Hoekom nie?”

      “Omdat my ma so gesê het.”

      “Jou ma sal nie weet as jy net vinnig kyk nie. Sy kan jou mos nie sien nie.”

      “Ek het belowe.”

      Toe vra die jong man dit elke oggend wanneer hulle hul oë oopmaak. Hy vra wanneer hulle langs die pad loop en hy vra wanneer hulle rus. Hy vra wanneer hulle bessies van die bome afpluk en hy vra wanneer hulle mooi blomme diep in die klowe sien.

      “Kom ons kyk wat in die sakkie is.”

      Die meisie sê nee en sy hou aan nee sê, maar toe sê die jong man: “Jy het my seker nie lief nie, want as jy my liefgehad het, sou jy dit vir my gewys het.”

      En so hou hy aan saans wanneer sy hout optel, en wanneer sy in die nag na die sterre lê en kyk, sit hy langs haar en neul: “Kom ons kyk in die sakkie.”

      En wanneer sy in die oggend wakker word, is die eerste ding wat sy hoor nie die geluid van die piet-my-vrou nie, maar die stem wat sê: “Ek wéét jy is nie lief vir my nie.”

      Oplaas kan sy dit nie meer uithou nie. Sy maak die sakkie oop en skud dit op die grond uit.

      Daar is niks nie.

      Heeltemal niks nie.

      Hy neem dit by haar, dop dit binnestebuite en bekyk dit. Hy krap selfs met sy vingers teen die vel soos ’n bobbejaan wat vlooie soek by sy maat.

      Maar nee, hy kry niks nie.

      “Jy het alles eers uitgehaal,” sê hy. “Gisternag toe ek geslaap het.”

      “Nee, ek het nie. Jy kan maar oral soek. Jy sal niks kry nie.”

      Hy soek en soek en kry niks nie.

      “Is jy nou tevrede?” vra sy. “Soos jy kan sien, werk die sakkie net as jy regtig iets nodig het.”

      Hulle stap in stilte aan. Hulle stap deur veld wat leeggevreet is deur die sprinkane. Ver weg vlieg twee swart arende in sirkels.

      Toe hulle goed honger is, kry hulle hout en maak vuur. Toe gaan sit sy by die vuur en steek haar hand in die sakkie.

      Daar kom niks uit nie.

      Sy steek haar ander hand in.

      Niks nie.

      Toe steek sy al twee gelyk in, maar nog steeds kom daar niks uit nie.

      Daar móét iets wees.

      Nog altyd toe sy dit nodig gehad het, was daar iets.

      Dis toe dat sy haar ma se woorde onthou en die belofte …

      Sy slaan haar arms oorkruis om haar lyf en kyk in die vuurtjie Sy kyk nie na hom nie, maar weet dat hy ook honger daarin sit en staar.

      Lank praat hulle nie. Oplaas sê hy: “Dit pla my dat alles weg is. Maar dit pla my nog baie, baie meer dat jy my die sakkie gewys het.”

      “Wat? Wat sê jy nou?”

      “Jy moes my nooit daarin laat kyk het nie. Nou weet ek alles van jou af. En dis nie ’n lekker gedagte nie.”

      Die volgende oggend toe sy wakker word, is hy weg.

      Sy los die sakkie en begin aanstap, maar die sakkie roep agter haar aan: “Neem my saam.”

      “Hoekom? Leeg is jy niks werd nie.”

      “Maak my dan vol.”

      “Waarmee? Ek het niks om in jou te sit nie.”

      “Kry iets.”

      Sy