Riefka sallie dié onthou nie
wan sy was nog baie klein.
Maa een Christmas, sy was sieke vie,
en haa broe en haa suste was twaalf en tien,
toe koep haa ma vi hulle ’n Krismisboks:
vi Faheem en Sieda
’n kis bier enne borrel whiskey,
en vi Riefka, omdat syrie baby was,
’n borrel Esprit liqueur.
Toerie kinnes klaa gesyp et
lê Riefka innie jaat innie sand en swem
en allie grootmense staan en lag
vi hoe oulik sy lyk as sy dronk is.
Mitchell’s Plain
(1988–1999)
darkie bloed
Ek is siewe jaa oud
en ôs bly in Westridge,
6 Saddle Close.
My niefie Faheem het my een kee gesê
as jou kop pyn meanit
daas ’n klein darkie in jou kop
wattie dromme speel
ek lê langs my kooi en skrie
ek is vol bloed
my kissing is vol bloed
die sink innie badkame is vol bloed
ek is kak bang vi bloed
en ek is kak bang vi darkies
ve-allie klein darkies wat jy nie met jou oë ka sien nie
ek druk my naam innie as
Elke Christmas jaag my pa ôs ammel oppe hoep.
Hy vejaa ’n dag voo Christmas
en as jy vi hom ’n present koep wat hy nie wil gehêrittie
wôd hy soese kleintjie wat al sy toys yt sy cot yt gooi,
die cot in dié case die hys
ennie toys my ma, ek en my broes en sustes.
Christmas is altyd ’n groot exodus,
kyk ma waa ôs opeinde.
Assie festivities oo is
en my ma dink is nou safe om hys toe te gan,
wiet jy al klaa hoe die hys gan lyk.
As jyrie dee oepmaak lê ha mamok al oorie vloe,
die voorhys lyk soese surrealist painting.
Stap kobys toe – daa isse bôd vol vleis, attippel salad en bier,
klom half gevriete braaivleis wat ronstaan,
die sink is vol miere,
die hele hys vol leë wynborrels wat ronstaan.
Ek stap op byrie stairs, ieman se skoen lê op my kooi,
sopnat gepis.
Die hys ryk soes dronk asem en vylgatte.
Ek wil net hêrit moet skoon wies
maa ek willittie skoonmaakie.
Ek stap wee af en byte toe, yt byrie agtedee.
My pa het heeltemal vedwyn.
Hy sal probably ees Boxing Day hie ankom
en da gan hy vi ôs wil box.
Tewyl ôs gesit et en ôse naels kou,
het my pa en sy vriende gebraai en ge-party.
Ek wens hy gan dood.
Ek stap narie braaiblik toe.
Ek druk my hanne innie dooie kole.
Ek druk my naam innie as.
Hard to Kill trilogy (DVD Boxset)
Lt. Kevin O’Malley: That was the most unstoppable sonuvabitch I ever knew.
Capt. Dan Hulland: Yeah, well he just got stopped tonight.
– Steve McKay, Hard to kill
I
Die dag toe Dolfie doodgan
toe bring sy niefie Omar die tyding.
Sy exact woore was:
“Ek wiet nou nie of julle gan dink
is goeie nuus of slegte nuusie,
maa Dolfie is dood.”
Dolfie was innie police reserves,
’n part-time poliesman wattie ees betaal wassie.
Hyt dai shit baie ernstig gevat though
en hyt gegloe hy liewe inne eighties action film.
Dolfie het single-handedly hele gangs angevat
sône ienage backup, somtyds even sône ’n gun.
Dais wat hy gesê et anyway.
Ek onthou meestal vi Dolfie
assie bra wat altyd full speed
in sy blou karrentjie af in ôse straat gery et virrie gil.
Ek was altyd convinced hy gan eendag
een vannie klein kinnes omstamp.
Dolfie het inne Hollywood-fantasy geliewe
waa hyrie actor, director en cameraman was.
Die ding is, though,
jy kan jou dai tyd nog kak kwai gehou et
innie Westridge
wannit wasse klom pussies wat ha gebly et.
Maa hoekom try jy dai shit in Tafelsig?
Isse fact dat Tafelsig nie ’n fok omgie nie.
Soes ekkie storie vestaan, was Dolfie off-duty.
Hy en sy bra gan koep ’n paa biere
by ’n jaat in Tafelsig.
Tewyl sy bra die biere koep,
observe Dolfie suspicious activity:
youths wat oppe hoek staan.
Dolfie die hero-cop stap na hulle toe
en vra: “Jis, julle naies, wat staan julle soe ron?
Wat stiek julle weg, ha?”
Die arme kinnes het sieke soe groot geskrik
lat hulle ammel hulle guns geruk et
en vi Dolfie begin skiet et.
II
Jenny, die vrou byrie hyswinkel, vetel vi ôs
met trane in haa oë enne smile op haa gesig
wat Dolfie se laaste woore an haa was:
“Jy Jenny, gie my ’n fokken pakkie Rothmans
en maak gou.”
Sy sê sy sal altyd onthou
hoe hy die gel oppie counter gegooi et.
Sy gan vi Dolfie baie mis.
In Dolfie se eer hettie hele neighbourhood gel ingesamel
omme Dolfie-dag te organise –
die hele neighbourhood,
behalwe ôs ennie mense