Klassiek reeks: Magersfontein, O Magersfontein!. Etienne Leroux. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Etienne Leroux
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780798160025
Скачать книгу

      

      Etienne Leroux

      Magersfontein, O Magersfontein!

      Human & Rousseau

      Opgedra aan Kowie, Gino, en Fiona

      “Net soos in die verlede, sal elke man sy staal bewys,” sê die Minister. “Ek het vertroue in my volk.”

      I

      Verkenningstog

Die Eerste Fase

      1

      ’n Stoet bestaande uit sewe motors ry in die laatmiddag vanaf Kimberley in die rigting van Modderrivier. Héél voor is ’n swart Cadillac met ses deure, bestuur deur ’n witgeklede swart chauffeur. Op die agterste sitplek sit lord Sudden, lord Seldom en Hans Win­ter­bach. Op een van die voustoeltjies in die middel, met sy rug na die deur, Amicus Achtung. Langs die chauffeur, op die sitplek, is ’n koelsak met ’n fles whisky, drie sodabotteltjies, drie pakkies ys en drie glase daarin toegegespe. Selfs teen hierdie tyd van die middag is die hitte amper ondraaglik vir enigiemand wat nie gewoond is aan die Noord-Kaap se droë somerweer nie. Toe lord Sudden en lord Seldom byvoorbeeld op die Kimberley-lughawe hulle gesamentlike voet vir die eerste keer op Afrikaanse bodem geplaas het, het lord Seldom vir Amicus Achtung, wat hulle verwelkom het, gesê: “The jet-stream from this bloody Boeing is quite unbearable.” Dis eers toe hulle ’n entjie van die vliegtuig weg was dat lord Seldom besef het dat hy besig was om die aanslag van ons westewind te ervaar. Maar beide lord Sudden en lord Seldom is gentlemen en hulle het hulle voorlopig van enige kommentaar weerhou terwyl hulle getinte grys hoofde soos verlepte blomme teen die agterste ruite van die Cadillac verwelk.

      “Hier het struikrowers die poskoetse in die begin van die eeu voorgelê,” sê Amicus Achtung terwyl die Cadillac met ’n sekere aangename ritme die wentelbaan tussen die koppies volg.

      “Die koppies was bedek met olienhoutbome, maar hulle is as brandstof gebruik om die lokomotiewe van daardie jare te voer,” sê Hans Winterbach.

      “In die verte kan u kameeldoringbome sien,” sê Amicus Achtung.

      Die Lords kyk min of meer in die rigting van Kuruman en hulle sien ’n oneindige vlakte wat met sambreelvormige bome in ’n waas in die niet verdwyn.

      “Die struike en gras in die onmiddellike omgewing is meestal akasias en steekgras,” sê Hans Winterbach.

      Hans, tussen die twee Lords, is geklee in ’n wit safaripak, opge­luister met ’n Mao-hemp van duursame sy wat sweterig aan sy lyf kleef.

      “Was die plantegroei dieselfde toe die slag van Modderrivier en die slag van Magersfontein plaasgevind het?” vra lord Sudden.

      “Ek dink ons sal dr. F. Amakaia-Laird hieroor moet raadpleeg,” sê Amicus Achtung.

      “Waar is hy?” vra lord Seldom.

      “Dis ’n sy,” sê Hans Winterbach. “In die Mercedes agter ons.”

      “Mooi of lelik?”

      “Skots.”

      Lords Seldom en Sudden kyk na mekaar en dan aan weerskante na die landskap, en daarna verslap hulle weer tot verwelkte blomme.

      Hulle kom van Sudden-Fee-Tway, buitekant Londen.

      In die tweede motor, ’n groen Mercedes, is dr. Fyella Amakaia-Laird die enigste passasier. Sy het nog nie duidelikheid omtrent haar status in hierdie projek nie, maar sy vind dit verkwikkend om soos ’n V.I.P. behandel te word. Sy het so pas ’n doktorale tesis oor genl. Wauchope aan die Universiteit van Londen voltooi. Dis haar eerste besoek aan die land, en sy smag daarna om die slagveld van Magersfontein te sien en te verken. Die chauffeur, ’n Griek uit Kreta, is haar minnaar. Dit was een van die voorwaardes, nadat die kwessie van gewone vergoeding afgehandel is, dat hy in diens geneem moet word voordat sy die kontrak onderteken.

      Met sy een hand op die stuur en die ander hand op haar dy, bestuur Aristophanes Pompidous die Mercedes met ’n mate van versigtigheid en nie-aggressiwiteit wat vreemd aan sy volksaard is want hy is nog nie presies op hoogte hoe die ratte werk nie.

      “Ek dink,” sê dr. Fyella Amakaia-Laird, “ek dink, sweety, dat jy in ’n verkeerde versnelling ry. Die enjintemperatuurwyser is te hoog.”

      “Xαθ!” sê Aristophanes. “Dis die hitte.”

      Hy pluk die motor desondanks in ’n ander rat, en die Mercedes skiet soos ’n pyl na vore tot op die gat van die Cadillac.

      “Lovey!”

      Aristophanes skop die kragrem betyds vas en hulle word ’n roerlose voorwerp op die teerpad, vlák voor die Kombi wat hulle volg. Hy verwissel die ratte vinnig en hulle beweeg betyds voordat daar ’n botsing plaasvind.

      “Ek het jou gesê ek was in die regte rat,” sê Aristophanes toe die orde van die optog ontwrig is. “Jy ken nie die temperatuur en lugdruk van hierdie wêreld nie.”

      Ek wonder of hy al ’n motor bestuur het, dink Fyella. Miskien het hy nie eens ’n rybewys nie.

      “Het jy ’n rybewys, Pompidous?” – en sy verwyt haarself onmiddellik.

      Die Mercedes brul tot in die volgstroom van die Cadillac. “Het jy al in Athene bestuur?” vra Pompidous terwyl die temperatuurwyser­tjie hoër kruip. Dan ontspan hy, en keer terug tot sy vorige togsnelheid.

      Sy hand is nie meer op haar dy nie en Fyella is self ’n bietjie in die neutrale middel van haar eie wêreld. Sy verlang na sy hand, maar hulle kom nou nader aan Magersfontein en dit is die tragi­komiese plek van haar tesis en haar drome. Sy kyk na die landskap wat sy met haar verstand ken en daar keer haar belangstelling terug na Aristophanes. Sy wag tot sy hand weer op haar dy rus. Daar is baie tyd vir haar soort drome oor. Aristophanes het ’n dubbele stel natuurlike agtertande wat hom effens na ’n haai laat lyk as jy in sy mond kyk. Hy het ’n oerkennis van die Griekse magie en die bose oog. Daarbenewens is hy ook ’n formidabele minnaar op suiwer seksuele gebied.

      “Die fokken so-en-so!” sê Tommy Togvader, bestuurder van die Kombi toe hy volgens sy mening ’n ernstige ongeluk vermy het deur skielik regs te swaai en oor ’n kliprand langs die pad te ry en toe weer terug in die pad te draai oor ’n tweede kliprand.

      “Oh, take it easy, Tommy,” sê Mej. Magersfontein van die Vry­staat.

      “Die bleddie Libanees,” sê Tommy.

      “Hy is nie ’n Libanees nie, hy is ’n Griek,” sê Mr. Shipmaster, bagasiemeester, logistikus & toerbestuurder.

      “Libanees, Griek … hy kan nie ’n motor bestuur nie en ek kan nie sien hoekom hulle hom die Mercedes gee nie.”

      “Take it easy, Tommy, “ sê Mr. Shipmaster.

      Mr. Shipmaster is naby aftree-leeftyd, maar nog steeds bly elke onderneming sy erns. Hierdie sal miskien die klimaks van sy loopbaan wees. Hy kyk deur sy armsorgbrilletjie na die vyf mooi meisies in die Kombi: Mejuffrouens Magersfontein van die Vrystaat, Natal, Kaap, Transvaal en Suidwes. Inderdaad.

      “Hoekom moet ons in die derde motor ry terwyl daardie vrou alleen in die Mercedes is?” vra Mej. Transvaal.

      “Sy is ongeklassifiseerd,” sê Mr. Shipmaster.

      Mej. Transvaal frons versigtig want té veel fronse laat plooie. Sy oorweeg die antwoord en vind dit aanvaarbaar in die vinknes waar­binne haar breintjie soos ’n pasgebore voëltjie wondbaar vroetel.

      “Inderdaad, Mr. Shipmaster.”

      Dis ’n woord wat sy van hom geleer het en sy gebruik dit telkens.

      Mr. Shipmaster se geheime ambisie is om ’n walkie-talkie te be­sit.

      “Christ!” fluister die bestuurder van die ander Kombi want sy motor is vol staatsamptenare en hoogwaardigheidsbekleders van die ver­skeie provinsiale administrasies.

      Hy het so pas gesien dat die hippie, Tommy Togvader met die Christus-hare, twee keer oor ’n padbaken ry en yslike duike in beide agtermodderskerms gelaat het. Hy het die bewegings van die motor voor hom geantisipeer na die eerste