Die wolkversamelaars. Nadia de Kock. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nadia de Kock
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Эротическая литература
Год издания: 0
isbn: 9780795709043
Скачать книгу
voorwaarde lees nie. Willie het nie ’n sprak gesprook nie, maar sy kon sy blik op haar voel. Toe sy later die moed bymekaarskraap om na hom te kyk, het hy kopskuddend geglimlag. “Jy en my ma darem.”

      Theresa het ook ’n brief vir haar gelos, maar die prokureur gaan dit vir haar gee wanneer sy terugkom uit Skotland.

      Talla is doodmoeg, knip die tas toe en gaan lê op die bed. Sy mis Theresa vreeslik.

      5

      Talla herken nie die ligblou gordyne toe sy wakker word nie. Gedisoriënteer lê sy ’n paar oomblikke doodstil voordat sy onthou waar sy is: op die onderste deel van ’n stapelbed in Munro’s. In Skotland. Sy kom regop en bly so sit totdat sy heeltemal wakker is, staan op en trek die gordyne oop. ’n Digte mis hang buite en sy kan skaars sien. Sy skuif die venster oop en ’n ysvlaag wind laat haar haar asem skerp intrek. Sy druk die venster vinnig toe.

      Sy het regdeur die beloofde aandete geslaap, besef sy en spoel haar gesig in die wasbak af. Die koue water slaan haar asem weg. Sy druk haar gesig in die handdoek totdat dit warmer voel. Neil dink seker sy is ondankbaar vir die roosterbrood wat hy wou maak. Sy hoop nie so nie. Toe sy omdraai, sien sy ’n vel wit papier onderdeur die kamerdeur ingeskuif. Sy tel dit op en lees:

      I did not want to wake you for dinner. Thought you needed the sleep. It’s Burns Nicht, please join us in the dining room at 7 pm. There will be plenty food, drink and entertainment. I’m sure you’ll like it. Neil.

      Sy kyk op haar horlosie. Dit is al twaalfuur. Wanneer laas het sy agtien uur lank geslaap? Miskien nog nooit nie.

      Dit is stil toe sy afstap na ontvangs toe. Daar is nie lewe nie, maar iewers vanuit die herberg klink stemme vaagweg op. Iemand maak waarskynlik die herberg skoon, want sy ruik sterk dennegeurige ontsmettingsmiddel. Sy stap uit om te rook, sy sal daarna gaan kos soek.

      Daar is ’n groterige klip langs die stoor wat skuins agter die herberg staan. Talla gaan sit daarop. Sy steek ’n sigaret aan en kyk na die omgewing. Met die mis kan sy nie vreeslik ver sien nie. Die bome teenaan die pad is almal kaal. ’n Paar is knokkig gebuig, maar die meeste staan regop en ’n klompie het grypende takke. Hulle lyk soos die digter se afgeleefde appelboom wat met vermaerde vingers krampagtig aan die hemel vasklou.

      Sy het gelees dat Munro’s ’n internetstasie het. Nie wi-fi nie, let wel. Talla glimlag. Dit maak regtig nie saak dat hier nie wi-fi is nie, dit pas eintlik by die plek. Afgeleë met die fokus op bergklim en stilword. Buitendien, sy het nie haar slimfoon saamgebring nie. ’n Internetstasie is goed genoeg. Sy sal vanaand kyk of sy e-posse van voornemende tatoeëerkliënte gekry het en hoop hulle kan drie maande wag. Hulle help brood op haar tafel hou. Dit gaan nie altyd ewe voorspoedig by Oranges and Purples nie – haar laaste driejaarlikse verhoging was benede die inflasiekoers. Miskien sal dit nou beter gaan; sy glo Theresa het mildelik vir Willie gesorg. Hy is haar enigste, geliefde seun. Sy wil ook weer na Astian se webwerf kyk. Dit is nog moeilik om te glo dat sy fisiek nou soveel nader aan hom is as eergister.

      Talla staan op en begin dorp se kant toe stap. Gisteraand se stomende pasteie spook by haar en haar maag grom. Die paadjie is amper net so donker en vol geheime soos die vorige aand. Sy steek ’n tweede sigaret aan en kyk of sy verder as die bome teenaan die pad kan sien, maar die mis is te dig. Die plek is versluier. Sy stap egter nog ’n ent aan en luister na haar eie voetval, ruik die klammigheid in die lug, voel die koue van haar voete teen haar bene opkruip.

      die lewe is heerlik, heerlik, heerlik: die hart brand soet en seer stap sy weer op maat van Breyten met die paadjie af.

      Sy en Astian het net uitmekaar gedryf. Mekaar ál minder gesien. Sy kan nie eens onthou wie amptelik vir wie verlaat het nie, of wanneer nie. Sy probeer die herinnering oproep, maar dit is tevergeefs.

      Zani reken hy was die liefde van haar lewe. Sy het hom nie geken nie, maar het dit een aand uitgewys terwyl hulle deur ’n fotoalbum geblaai het. “Julle pas perfek bymekaar! Jy straal, Talla.”

      “Ag, ons was waarskynlik net young and beautiful.”

      “Dink jy nie hy was Die Een nie?”

      Talla glo nie aan die konsep van Die Een nie. Daar moet darem meer kanse op geluk wees.

      Zani het ’n ruk stil na Talla gesit en kyk en toe versigtig gesê: “Ek dink jy het ná Astian in alle erns na liefde begin soek … hence die Roekeloses.”

      “Los dit, Zani.”

      Talla wou nie aan die Roekeloses, soos Zani haar minnaars gedoop het, dink nie. Sy is nie besonder trots op dié deel van haar verlede nie. Maar hier in Glencoe voel hulle definitief nader aan haar. Dit voel amper asof hulle hier saam met haar in die mis loop. Sy klap haar tong en die geluid klink soos ’n klapper in die stilte. Sy moet nou eerder omdraai en teruggaan Munro’s toe, sy kry koud. Sy sal die hongerpyne tot vanaand onderdruk.

      6

      Dit is net ná sewe toe Talla die kamerdeur agter haar toetrek en na die eetvertrek stap. Sy het die enigste romp aan wat sy ingepak het. Die kreukels het nog nie uitgehang nie en dit is duidelik dat die lang bruin romp uit ’n tas kom. Daarby het sy haar stapstewels aan. Die enigste ander skoene wat sy saamgebring het, is goedkoop tekkies.

      Voordat sy eetkamer toe stap, gaan kyk sy eers in die groot spieël in die badkamer hoe sy lyk en draai amper om terug kamer toe. Sy het haar eie kuif gesny net voordat sy gevlieg het en lyk soos een van daardie klein Chinese kinders met die kort, reguit kuifies en hartseer gesiggies wat ’n mens op ou foto’s sien. Haar ensemble lyk ook maar arm en goor. Sy hoop nie Burns Nicht is ’n grand affêre nie.

      Toe sy met die gang afstap, klink ’n doedelsak meteens hard op. Sy gaan staan, die ene hoendervel. Die klank gaan haar hart uitmekaar ruk. Die volle wete dat sy ver van die huis af is, in ’n vallei vol geheime waar sy niemand ken nie en waar die temperatuur tot benede vriespunt daal, tref haar skielik op die krop van haar maag. Sy probeer haar asemhaling beheer. Sy voel so alleen soos nooit tevore nie. ’n Man met ’n sterk en moeilik verstaanbare aksent is ál mens wat sy nog in hierdie groot ou plek met sy vodde matte gesien of mee gepraat het.

      Dalk het sy ’n fout gemaak, dalk moes sy iemand saamgevra het Skotland toe.

      Talla trek haar hande deur haar hare en lek oor haar droë lippe. Toe begin sy aanstap, vasberade om die gevoel van verlorenheid af te skud. Burns Nicht het begin en sy is laat.

      Die branddeur aan die einde van die gang is swaar en sy lê daarteen aan om dit oop te stoot. Van hier boaan die trap sien sy die gedempte lig van die eetvertrek en is die doedelsakklanke nou baie skril.

      Sy stap met die paar trappies af. Die eetvertrek se ligte is dof gestel en oral brand kerse. Talla bly in die ingang staan en staar. Die plek is vol deftige mense en almal sit en kyk na ’n klein optog wat deur die vertrek stap. Voor stap ’n bebaarde gryskopdoedelsakspeler en sy wange bol rooi wanneer hy blaas. Agter hom volg ’n jongman met ’n wit sjefhoed op en ’n wit voorskoot wat oor sy kilt vasgemaak is. Dis Hoodie. Hy dra ’n enorme blink skinkbord wat hy soos ’n offerande voor hom uithou. Hy lyk Slawies met sy amandelvormige oë en breë gesig. Sy poniestert is laag in sy nek vasgemaak.

      Neil is ook uitgevat in ’n kilt en leersak om die heupe en loop agter Hoodie. Hy het twee vol whiskybottels wat hy voor hom in die lug gekruis hou terwyl die prosessie deur die vertrek stap. Hy glimlag en lyk anders as gister. Hy wip minder, dalk anker die bottels hom.

      Talla skeur haar oë van die prosessie weg en kyk die gaste vinnig deur. Die mans is kraaknetjies in kilts, donker baadjies, sporrans en lang wit kouse. Die vroue se gesigte is blink gegrimeer en hul juweelkleurige rokke glinster dof in die weerkaatsing van die gedempte ligte. Dit is ’n spoggerige affêre en Talla vryf selfbewus oor die kreukels in haar romp. Niemand kyk egter na haar nie, hul aandag is by die verrigtinge in die middel van die vertrek. Hulle begin ritmies hande klap. Die prosessie marsjeer nou ’n paar keer om die hooftafel. Die doedelsakspeler stap tot in die hoek, draai om en laat sy instrument sak. Hy vee een maal oor sy baard en knik vir ’n statige vrou aan die punt van die hooftafel. Dit lyk vir Talla asof die vrou haar moet keer of sy gee ’n koninklike