Sandveldstories. Ferdinand Deist. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Ferdinand Deist
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Публицистика: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780624087274
Скачать книгу
oop, Lakkie ja’ deur en hy kap weer ’n es solank Frans die hek toepluk en opspring. Mar hulle ’t nie geweet vannie t’rugkomslag die aand nie.

      Kasper Gorreltjie het sy naam gekry oorlat hy so lekker kan gegorrel het. “Kom af, Buurman,” het hy jou altyd genooi, “kom maak so ’n ou gorreltjie, sommer net so ’n ou kleintjie as jy dalk haastig is.” En oor Frans en Lakkie nou die Peddelford gekoop het, moet hulle darem die ding se dak natgemaak het en sy wiele ingewy het en sy pistins ingeseën het en so aan. En dan was daar mos nog altyd die jare lange vrindskap wat geverseël moet geword het ennie nag was mos nog jonk gewees ennie pad huis toe nou glad nie meer so ver vanlat hulle nou ’n ryding het nie. En so ’t die môrester hulle nog daar by ou Kasper Gorreltjie gekom kry. Toe besluit hulle nóú moet hulle huis kry.

      En hulle vat die pad. Té plesierig gaan dit. Hulle sing en fluit en raas daar oppie ingewyde Peddelford. En hulle ry. Laters sê Frans: “Dis darem nou snaaks, Broer Lakkie, lat ons nou baie minner hekke kry as wat ons gekom het.”

      Lakkie het die besigeit so gesit bedink en gereken miskien het ene mar net oornag die hekke gelaat oop staan of iets. Ennie Fordjie hardloop nou so glad, lat hulle sommer nou-nou, nou-nou oppie plaas sil wees. En hulle ry. En hulle sing nog ’n stuk.

      Na’erhand sê Frans: “Broer Lakkie, rekent jy nie ons is dalk verdwaal nie?”

      “Nou hoe sil ons nou hier in ons eie wêrelt sit verdwaal? Ons het dan hier grootgeword, man. Wat sil jou nou laat dink lat ons verdwaal is?”

      En hulle vat weer voor m’t Boegoeberg se dam, want dis nou wat hulle se plan virrie volgenne aand is.

      Mar toe sê Frans weer ’n keer: “Broer Lakkie, mar ek rekent nou wel ons is geverdwaal. Want darie doringboom wat daarso staan – dis nou al die vyfde keer lat ons by hom verbyry. Elke keer wat ek opkyk, sien ek daai doringboom.”

      En toet Lakkie nou die ding mooi sil bekyk, sil hy nou agterkom die Peddelford staan botdoodstil op een en dieselle plek. Hy pluk die handbriek op en daar vrek die Fordjie en hulle klim uit. Toe sil hulle nou sien wat gebeur het. Die Fordjie het láánk-al oppie mittelmannetjie vasgehak en sy wielietjies sit zoei hier hoog bo die pad. En hier voor by die injin kom rook uit, sommer bollings rook. Hulle het die Peddelford skoon kook gery.

      “Die Ford kook, Broer Lakkie,” sê Frans en hy pluk die flappe laans die kante oop en waai die stoom uit sy gesig uit met sy twee hanne, “nou sil ons ma’ hier moet sit wag totlat hy afgekoel is.”

      En daar het hulle gesit totlat die Ford afgekoel het. En toet hulle die prop vannie watertênkie oopmaak, is daar omtrent g’n stuk water meer in nie en hulle kan nêrens ’n watertjie innie skemerte vannie sterlig sien blink nie. Nou kan ek jou nie vertel hoelat hulle nou weer water innie Fordjie se tênkie ingekry het nie, want dis half, met permissie gesê, onstigtelik. Mar ek kan vir jou sê ou Kasper se gorreltjies het baie gehelp.

      Oplaas het hulle die Fordjie weer vannie mittelmannetjie afgetel gekry en aan ’ie gang geswaai. En toet Frans oppie rannieng bôrd spring en so t’rugkyk, toe sê hy vir Lakkie: “My wêreld, Broer Lakkie, kyk daar brand ou Gorreltjie se kombuislamp na’!” Toe sil hulle twee uitvinne hulle het die hele nagwaak omtrent so ’n tweehonnert tree van Kasper Gorreltjie se werf af gevorder.

      Dis toe wat hulle die Peddelford op blokke geloop sit het vir Nagmaltye se dorp toe ry en sommer die pêre gebruik het virrie vrywerk.

      Die dood vannie founmannetjie

      Man, ou Lettie Ingelbrê het baie goed gedoen in haar buurte: bak virrie kjerkbesaar, blomme insteek by die troues, waak by die siekes, als. Haar hanne ’t vir niks ve’keerd gestaan nie. Net lyke wil sy nooit uitgelê ’t nie, want sy was vreeslik bang gewees virrie dood – al het sy nou altoos gesê dis oorlat sy te veel respekte gehad ’t virrie ontslapenes.

      Mar kan ’ie ou mens nou vir jou geskinner ’t! Dis nou één swak wat die ou siel gehad ’t wat sy net nie ontslae van kan geraak ’t nie. Dit ennie vrees virrie dood. Kyk, as jy vir haar ’n storie geloop vertel ’t, wassit so goed gewees of jy’t vir de leste een innie kontrei persoonlik gevertel – einlik sil ’t beter gewees ’t as jy mar liewerster self gevertel ’t, want as ou Lettie oorgevertel ’t, was daar mar altyd ’n stukkie bygelas gewees, net so virrie smaak, sien. En ammal ’t geweet: as jy nou ’n veldbrand van ’n storie op tou wil gesit ’t, moet jy dit vir ou Lettie innie oor gefluister ’t m’t die alleruitdruklikste vermaninge vir ’n doodse swye.

      Pertykeers het die mense dit nogals nuttig gevind virrie ankonniging vannie een of anner belangrike byeenkoms of gebeurlikheid. Want in plaas van nou self die moeite te loop doen om ammal persoonlik in te lig, het hul dan mar net vir ou Lettie ’n geheimpie gelat glip – so sam m’t die wete lat sy nou die enigste anner ene is wat dié kennis dra. Dit was oorgenoeg gewees. Môre kan jy mar gekom ’t waar jy gewil ’t, de leste mens ’t kennis gehad en was onner ’ie indruk gewees lat net hy en Lettie vannie besigheid weet.

      En m’t dié lat sy so ’n besuin vir ’n mond gehad ’t het die mense pertykeers vir ou Lettie vreeslike strepe getrek, einlik m’t die bedoeling om haar te genees van hierie kwaal.

      So bevoorbeeld kom Anneries Plesie eendag daar by Lettie an m’t die storie wat hy dan nou sil gehoor ’t oor Ans van ou Karel Semel. Nou, dié arme mens het op haar tyd en dae darem seker so ’n tweehonnert pônt annie hak getrek. Seker dié lat sy so ’n sku vir mense gehad ’t – al wassit sommer ook van puur luigeit gewees om vir ’n anner mens ’n kommetjie kôfie oor te gooi. As daar ’n mens gekom ’t, het sy pebliek innie kamer ingegan en oppie kooi geloop lê en daar ’t sy haar groot lyf nie geroer voorlat sy die laaste wiel oor ’ie werf gehoor rol ’t nie.

      So kom Anneries toe nou daar by Lettie an m’t die fluisterstorie van Ans se vreeslike siekte wat haar dan nou in ’n dag of twee se tyd so uitgeteer ’t lat sy nou net velle en bene is en lat die dokter g’n her- of derwaarts weet nie. Mar sy moet nou mar nie praat nie, want dis mar ’n hoorstorie en vêder glo alte naar om te sien en ou Koos het ook mar ’n bietjie prevaatgeit nodig in dié moeilike tyd …

      Ennie volgenne môre, ná die maddag wat Anneries nou m’t die tyding sam daar by ou Lettie opgedaag ’t, wassit nog skaars skemer gewees toet die eerste pêrekarre beginne ankom daar op Mittelvlei se werf. Ou Karel self was nie daar gewees nie, want hy is toe al die vorige aand Biedou toe om sy skaap te loop kyk – wat Anneries goed geweet ’t. En algar dring natierlik toe by ou Mieta innie kombuis daarop an om self vir ou Ans in persoon te sien virrie laaste groet.

      Hoet ou Lettie nou ook al agterna virrie mense geverduitlik ’t lat dit Anneries se liegstories gewees ’t wat die hele moles geveroorsaak ’t, dit het alleste niks gehelp nie, want ou Anneries se verweer was waterdig gewees oorlat hy haar uitdruklik geverbied ’t om iets virrie anners te sê, oor hy self mar die storie tweedehans gehoor ’t. Dit het ’n geruime tyd gevat voorlat ou Lettie oor dié skanne gekom ’t.

      Mar genees het hulle vir ou Lettie nie gekry nie. Tot op ’n dag. Kyk, die menier wat sy haar inligting gebekom ’t, was oppie foun. Daar laans die foun innie gang het haar leunstoel sy staan gehad en daar ’t ou Lettie dag en nag gesit waak. En assie foun “trieng” sê, het sy opgetel en geluister. En assie foun weer “tjiert” wil sê m’t die neersitslag, het sy die slingertjie gedrai lat hy sing: hierie kant toe en daai kant toe ’t sy gefoun, totlat al wat mens is oppie lyn geweet ’t wat angan. En assie mense gehoor ’t hoet ou Lettie – wat self mar ’n gewig gewees ’t – innie praatgat vannie foun sit steun, het hulle baiekeers sommer so ’n skyns opmerking gelos oor ’ie een of anner skannelike ding wat dan m’t ou Lettie sil gebeur ’t. En dan’t ou Lettie sommer ingetjip m’t: “Dit lieg jy!” en mar weer vêder gesit luister.

      Dis nou dié ding wat einste Anneries Plesie later nie meer kan gevat ’t nie. En toet sy triek m’t ou Ans se siekte nou nie blywend gewerk ’t nie, en ou Lettie nog stryk deur uitgebesuin ’t wat sy afgeluister ’t, het hy ’n anner plan gemaak.

      Op ’n môre was hy by sy ou buurman, Bêrent Boskloof, gewees. En daar ’t dié twee toe dié plan gesit bedink.