Huppel en sy maats. W. O. Kühne. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: W. O. Kühne
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9780624078470
Скачать книгу
die voëls wat op die hoogste berge bly.

      Hulle piep en hulle sing, hulle swem en hulle duik, hulle skrop en kweel en roep na mekaar. Die hele bos dreun soos hulle raas. O, en die Huppelkind se hart is so seer, want waar kan sy maatjies tog bly?

      Hy sal maar nóg moet wag.

      Maar al wat na die vlei toe kom, is die diertjies van die veld en die diertjies van die vlakte en die diertjies wat in die rantjies bly. Hulle vroetel en hulle snuffel, hulle piep en hulle knor, hulle speel en baljaar en roep na mekaar. Dis diertjies net waar jy kyk.

      En toe begin ou Huppelkind huil, want waar, o wáár kan sy maatjies tog bly?

      Fluit-fluit amper uit

      Hy huil en hy huil en hy huil. Maar toe droog hy sy trane af om eers weer mooi te kyk of daar nog nie maatjies gekom het nie. Al wat hy sien, is die voëls en die diertjies.

      Die voëls het klaar geëet en klaar gedrink. Nou begin hulle pronk. Boskraai spring op ’n tak en hy maak almal stil. “Kyk tog net my mooi dik snawel en die horing op my neus,” sê hy. “Met dié horing kap ek maklik ’n gat in die skilpad se dop.”

      Pelikaan maak hom gou-gou stil. “Ek het ’n tamaai groot sak onder my snawel, Boskraai. Ek dra my kos daarin, ’n padda en ’n waterrot. Dit kan jy nie doen nie.”

      Toe is dit weer Lepelaar se beurt. “Julle kan tog met snawels spog,” sê hy, “maar kyk net mooi na myne. Hoekom dink julle word ek Lepelaar genoem? Dis omdat my snawel soos die houtlepel lyk waarmee boer se vrou die seep omroer. Ek is mooier as almal hier, met my lepelbek en my lang dun bene en my borselkop.”

      Dis vir Huppel tog alte mooi. Hy verkyk hom aan die snaakse voëls. Hy wil so byna lag, maar hy onthou dat hy doodstil soos ’n muis moet sit, nog stiller as ’n muis.

      En nou is dit Slanghals wat wil spog.

      “Kyk almal maar na my,” sê hy. “Sien julle my lang, slap nek? Al die paddas van die vlei dink dis ’n slang. As die skaduwee van my lang nek oor die water val, skrik hulle hulle byna dood. Dan vang ek hulle tog te

      maklik.”

      Dis waar, dink Huppel, met so ’n nek kan ’n voël wel spog. En wie is dit wat nou sy sê wil sê? Dis Lelietrapper.

      “Jou nek is mooi lank, Slanghals, maar kyk tog net hoe lank is my tone. En weet jy hoekom is my tone so lank? Hulle is so lank omdat ek soos ’n vlieg oor die wateruintjievlei trippel sonder om te sink. Wie van julle kan dit doen? Kan jy, Roerdomp?”

      Toe Lelietrapper so praat, kyk almal na Roerdomp.

      Hy staan penorent soos ’n soldaat, en sy vere is plat teen sy lyf gestryk.

      Hy lyk so koddig dat al die mossies en al die spreeus van pure plesier aan die kwetter gaan. Hulle kwetter en kweel en die katlagters skater dit uit. O, dit was te verspot, en Huppel moes self ook lag.

      Hy lag en hy lag en hy lag en hy vergeet skoon dat hy doodstil soos ’n muis moet sit.

      Toe die voëls hom gewaar, vlieg hulle almal weg.

      Al wat langs die water oorbly, is ou Maraboe, die groot, groot voël. En hoekom vlieg hy nie weg nie? Die ou het mooi gestaan en slaap.

      Huppel wip van die ou, ou stomp af.

      Hy kruip saggies deur die gras en raak liggies aan ou Maraboe se kop. O, en ou Maraboe skrik so groot.

      “Wie is jy?” vra hy.

      “Ek is my oupa se Huppelkind van Aan-die-Beek van Krom-en-Skeef. Jy onthou my mos. Kan jy my sê waar my maatjies bly?”

      Die slim ou voël vou sy vere reg en skud sy kaal ou kop. “My liewe Huppelkind,” sê hy, “waar in die wêreld wil jy nog meer maatjies kry? Hier by die diep kuil vol soet water wat nooit opdroog nie, is meer maatjies as wat jy op die vingers van jou hande en die tone van jou voete kan tel. Jy moet net jou ogies en jou oortjies oophou.”

      “Dis net wat Oupa gesê het, Maraboe.”

      “Jou oupa is baie slim, Huppelkind. Hy weet dat ons hier in die Lekkerland almal maats is. Toe, en nou wil ek weer slaap.”

      Toe ou Maraboe so sê, is Huppel se hartjie sommer bly. Hy het vandag baie lekker gespeel. Van nou af kom hy elke dag na die diep kuil vol soet water wat nooit opdroog nie, sowaar. As hy sy oortjies en sy ogies mooi oop hou, sal hy sommer gou-gou al die voëls van die bos en al die diere van die veld leer ken.

      Hy sal luister hoe hulle sing, hy sal weet wat hulle piep – hulle sal sy beste maatjies wees.

      Huppel trippel rond van pure plesier, hy klap sy handjies en hy sing. O, hy voel so lekker verspot.

      Met ’n wip en ’n trap seil hy oor die polle – trippel-trippel deur die grassies, huppel-huppel oor die plassies om vir Oupa van sy nuwe maats te gaan vertel.

      Huppel maak ’n plan

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RqGRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAmAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAmIdpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUuNSAoTWFjaW50b3NoKQAyMDE2OjA3 OjE1IDEwOjE0OjMzAAADoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAASYBGwAFAAAAAQAAAS4BKAADAAAAAQACAAACAQAEAAAA AQAAATYCAgAEAAAAAQAAGUgAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0ADEFkb2JlX0NNAAH/7gAO QWRvYmUAZIAAAAAB/9sAhAAMCAgICQgMCQkMEQsKCxEVDwwMDxUYExMVExMYEQwMDAwMDBEMDAwM DAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMAQ0LCw0ODRAODhAUDg4OFBQODg4OFBEMDAwMDBERDAwM DAwMEQwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAwMDAz/wAARCACgAGQDASIAAhEBAxEB/90ABAAH /8QBPwAAAQUBAQEBAQEAAAAAAAAAAwABAgQFBgcICQoLAQABBQEBAQEBAQAAAAAAAAABAAIDBAUG BwgJCgsQAAEEAQMCBAIFBwYIBQMMMwEAAhEDBCESMQVBUWETInGBMgYUkaGxQiMkFVLBYjM0coLR QwclklPw4fFjczUWorKDJkSTVGRFwqN0NhfSVeJl8rOEw9N14/NGJ5SkhbSVxNTk9KW1xd