Atropos. Hendrik J. Botha. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Hendrik J. Botha
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Языкознание
Год издания: 0
isbn: 9780795801037
Скачать книгу

      wat heelnag verwytend roep

      oor jy vertrek het,

      oënskynlik sonder om te groet.

      Teen die blou

      Ure lank hou ek my duiwe dop:

      die staalblou glans, die vermiljoen van oë en pote,

      hoe hulle pronk rondom kos- en waterbak.

      In sirkels kolk my duiwe

      al hoër teen die blou, die blou.

      Laatmiddag keer hulle terug,

      mik-mik, vlieg dan een-een hok toe

      vir die nag,

      in neste of op houtsparre

      koester hul mekaar.

      Toe ek koshuis toe vertrek

      moes hulle weg.

      Drie kom later terug,

      wag op die huis se dak.

      Die ogiesdraad nou opgerol,

      pale en houtsparre

      eenkant op ’n hoop gepak.

      Klein swart radio

      Soveel Sondae om nege

      saam vir die oordenking

      op ’n klein swart radio.

      In die kromming van ’n leunstoel

      is jy ’n fyn, bleek voëltjie, rug na die venster

      vang die son jou skouer.

      Hande gevou, kombersie oor die bene,

      die oë wimperloos gesluit. ’n Bont gebreide mussie

      steek die haardons weg.

      Ná jou vertrek erf ek die radio.

      Luister nuus,

      weervoorspelling, ’n verkeersverslag.

      Laat saans draai ek die stelknop

      tot ’n skaars hoorbare gesuis.

      Ore gespits vir ’n noodberig

      hoor ek jou boodskap van die ander kant.

      Afrekening

      Ná jare betrap ek my steeds

      dat ek jou lastige gewoontes

      naboots. Sien ek jou oë,

      dieselfde moeë lyne langs jou mond.

      Neig ook om met die hande

      te gesels, stap geboë,

      roer soos ’n wilger in die wind.

      Onttrek my aan geselskap,

      leef al meer ingeskulp,

      worstel snags in drome nou

      om my aan jou te openbaar.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4QpRRXhpZgAATU0AKgAAAAgABwESAAMAAAABAAEAAAEaAAUAAAABAAAAYgEbAAUAAAABAAAA agEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAkAAAAcgEyAAIAAAAUAAAAlodpAAQAAAABAAAArAAAANgALcbA AAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENDIDIwMTUgKE1hY2ludG9zaCkAMjAxNToxMDox MyAwNzoxNjowOQAAAAADoAEAAwAAAAEAAQAAoAIABAAAAAEAAAZAoAMABAAAAAEAAAoAAAAAAAAA AAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAA