Speurder Kwaaikofski 10: Monsters, maanlig en mottegif. Jürgen Banscherus. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jürgen Banscherus
Издательство: Ingram
Серия: Speurder Kwaaikofski
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9780798169813
Скачать книгу
n>

      

      Jürgen Banscherus

      Speurder Kwaaikofski

      Monsters, maanlig en mottegif

6138_005.tif

      Vertaal deur Kobus Geldenhuys

       Met illustrasies deur Ralf Butschkow

      Human & Rousseau

      HOOFSTUK 1

p9.jpg

      In ons stad is daar dertien privaatspeurders, en dan natuurlik ek. Die ander menere loop rond met donkerbrille en afgeloopte skoene op soek na getroude mans wat verdwyn het, gesteelde goed en internasionale bedrieërs. Ek werk met kleiner sake.

      Dis hoekom ek nog altyd al my speursake opgelos het. Dis iets waarvan my arme kollegas maar net kan droom.

      Elke privaatspeurder het iets waarsonder hy nie kan dink of werk nie: ek noem dit “sy eie ding”. Die een glo sy ou hoed bring vir hom geluk en haal dit nie eens in die bed af nie. Die ander een gaan sonder ’n wapen by die huis uit, maar nooit sonder ’n stokkielekker in sy mond nie. En ’n derde gebruik soveel pruike en vals baarde vir sy ondersoeke dat hy baie keer self nie weet watter rol hy op die oomblik speel nie.

      Mý eie ding is die Carpenters kougom wat ek omtrent heeltyd kou. En ek haal my pet net af wanneer ek glad nie anders kan nie – soos onder die stort en by die haarkapper.

      Mense dink dis snaaks. Laat hulle maar, dit pla my nie.

      Ek gebruik my kougom om diep te dink. En die bofbalpet met die groot “K” voorop hou my brein by die regte dinktemperatuur.

p11.jpg

      Net soos met sy eie ding het elke snuffelaar ook sy eie reëls. Die een werk nie aan ’n saak waarby die getal dertien betrokke is nie, want dis ’n ongelukkige getal. Die ander een weier om betrokke te raak as die polisie reeds ’n saak ondersoek. En ’n derde aanvaar nie ’n saak as dit beteken hy gaan in ’n hyser moet ry nie.

      Ek het twee vaste reëls: Ek soek nie na honde wat weggeloop het nie en ek aanvaar nie ’n opdrag van ’n onderwyser nie.

      Maar partykeer moet ’n mens uitsonderings maak. Soos met my laaste saak …

      ’n Paar weke gelede het my skool sy eeufees gevier: die plek is ’n honderd jaar oud!

      Die hoogtepunt van die groot fees was ’n opvoering van die toneelstuk “Die ridder se reis na die reënboog”. Ons skool se dramagroep het al van die begin van die jaar af daaraan geoefen en dit in die groot Staatsteater opgevoer.

      Mevrou Kramer het die stuk geskryf en die regie gedoen. Sy is die 1A’s se klasonderwyser.

      Omtrent ’n maand gelede het sy een grootpouse na my toe gekom. Ek het op die muurtjie langs die vullishouers gesit, besig om my skooltoebroodjie te eet.

p12.jpg

      My ma het ’n hele toring van brood en salami en kaas en agurkies gebou. Ek moes my mond amper tot by my ore ooprek om ’n hap te vat.

      “Kwaaikofski?” vra mevrou Kramer skielik langs my.

      Ek knik. My ma het my geleer om nie met ’n mond vol kos te praat nie. Soos gewoonlik doen ek dit nie.

6138_010.tif

      “Meneer Meyer sê jy doen speurwerk,” gaan die juffrou verder.

      Ek knik weer. Meneer Meyer is my klasonderwyser. Hy vang ongelukkig nooit ’n grap nie. Maar verder is hy heel oukei.

      “Ek het jou hulp nodig,” sê die juffrou.

      Ek kou klaar en sluk vinnig.

      “Juffrou vergeet een ding,” sê ek nadat ek my mond afgevee het.

      “Vergeet? Wat vergeet ek?”

      “Hier by die skool is ek net ’n skoolkind, nie ’n speurder nie,” antwoord ek. “Dit is nie goed om die twee te meng nie.”

      Sy glimlag. “Meneer Meyer het my vertel jy’s ’n besonder slim seun.”

      Ek is nie seker of ek haar kan glo nie. Meneer Meyer het nog nooit iets goeds van my gesê nie, nie eens vir my ma nie. So ek bly versigtig.

      “Ek doen nie speurwerk vir ’n onderwyser nie,” sê ek. “En ook nie vir ’n onderwyseres nie.”

      Sy glimlag weer. “Ek kan dit verstaan,” sê sy. “Maar wil jy nie net eers luister waaroor dit gaan nie?”

      Ek kyk op my horlosie. Dis nog ’n rukkie voor pouse om is. En buitendien, ’n speurder is ’n nuuskierige mens. “Reg, laat ek hoor,” sê ek.

      Toe vind ek uit mevrou Kramer het groot probleme met “Die ridder se reis na die reënboog”.

      Daar is ’n baie dramatiese oomblik in die toneelstuk wanneer die akteur wat die hoofrol speel by ’n gat in die verhoog in die Staatsteater se kelder moet afval. Maar nadat hulle die valtoneel geoefen het, het die derde hoofrolspeler nou al gesê hy wil nie meer in die stuk wees nie.

      “Het hy of die ander twee dalk seergekry?” wil ek weet.

      Mevrou Kramer skud haar kop. “Daar het niks met hulle gebeur nie.”

p17.jpg

      “Dan is almal wat Juffrou vir die hoofrol gekies het bangbroeke,” sê ek.

      Maar sy skud weer haar kop.

      “Die seuns wou almal baie graag die hoofrol speel, juis omdat hulle by die gat wou afval.”

      Ek krap kop.

      “Wat het hulle gesê toe hulle weer terug op die verhoog kom?”

      “Dat hulle nie meer in die stuk wil speel nie.”

      “Niks anders nie?”

      “Niks anders nie.”

      “Hoe het hulle gelyk?” vra ek.

      “Bleek,” antwoord mevrou Kramer. “Hulle het al drie skielik baie bleek gelyk.”

6138_015.tif

      “Is Juffrou seker hulle het nie seergekry nie? Miskien ’n sny of stamp aan die kop?”

      “Nee, ek het niks gesien nie. Absoluut niks nie. Ek het gekyk, en vir hulle gevra ook.”

6138_015.tif

      “Wie was sover die hoofrolspelers?” ondervra ek haar verder.

6138_015.tif

      “Eers was dit Martin Hartman in 4B, toe Hein Stingel in 3A en derde Sebastian Breedt in jou klas,” antwoord sy.

      Mevrou Kramer het eers laas jaar hier begin skool hou en ek het haar nog nooit eintlik goed bekyk nie. Ek sien nou sy het lang, pikswart hare en blou oë wat haar nogal gevaarlik laat lyk. Half soos ’n spioen. Of ’n geheime agent.

      “Sebastian? Die ou wat ’n vegvlieënier wil word? Die ou wat ’n yslike groot bul getart het toe ons op ’n klasuitstappie was?”

6138_016.tif

      As Sebastian die hoofrol teruggegee het, moes daar iets baie ergs gebeur het. Ek krap weer kop.

      Voordat ek verder kan uitvra, lui die klok.

      “So