ek n!om al langs die loperbaai hy’t my ’n nuwe plek gewys
die eerste storm roep my ek kan nie meer my luister inhou nie
ek sit op die plaat sit sonne en mane om ek bid vir die see
ek maak ’n storm aan ek por die see aan daar staan hy
vat hom na sy hel toe hy wat my broer is kyk hy staan
met ’n visstok hy is aas vang hom voor jou sluk hom in
een van die dae is die galjoentyd verby haak hom see
ek het my storms in jou begrawe vat die stormstoker
voor die galjoene ophou byt in stormsnaam ek verdien die guns
ek sal jou wagter wees ek sal na jou waterkinders kyk
ek sal met elke brander getuienis hou van jou
ek bientang jou visvrou vra dit tot sy sout word
arms sussend my lied my lyf wat die wind na-aap
my heupe kalm laaggety ek roffel my voete als dans
sam-saam ’n donderstorm als saam is wolk wat breek as ek
wakker word is my krag ’n toering op my kop
my pa hou wag langs die vuurtjie die wind praat die kole om
die dag toe ek wegloop van duiwelsgat af het ek die familiestrik afgetrap
en my geswelde enkel herinner my gedurig
ná my broer se dood staan pa’le
met sy rug na my ma’le staan met sy rug na my
wys die medisyneman die rigting van hulle af
loop
die begrafnis het ek by my los hulle my rou
pak ek weg in my agterkop dit gordelroos in my
loop
sê die oestervanger daar wag vryheid vir jou anderkant loperbaai
ek loop
ek breek julle tak vir tak van my af daar wag vryheid
annerkant loperbaai ek het my atta se mantel ingepak
my pa’le se slinkse kunde sit nog vas in my vel
ek kan tuin maak ek kan visvang ek visvrou van die loperbaai
ek staan op die plaat klipgatgrot en die sandberge agter my
my voete is plat my tone uitgesprei oor die skulpgruis
wanneer die see terugtrek hoor ek die ghoera die water
skoon en koud soos my bloed ek kyk voor my
ek kyk hoe die gety kwaad word my broer skaaier van my !nau
het waterwys in die storm se hande gespeel
my tog na my nuwe plek ruik na wildedagga
die sand sing die wit woestyn se heuwels raak kleiner
ek is amper daar ek kom al nader aan my spelonk
tree vir tree maak my voete die sandheuwels praat
gister ek het my enkel geswik en dit sleep slakspoor voetspoor slakspoor
die blou hemel staan sonder wolke dit gaan ’n koue nag word
enige boodskap van hoe ver nog soek ek asbosse ken ek aan hulle
taktoppe hulle ken maar min reën en ek het te min water saamgebring
sal ek ook uitwaai ’n spoelstroom windwaarts waai
sal my sand sang hou tot by my bestemming
watter vryheid wag vir my ná al die pyn wat in my kruis
sit want omdraai kan ek nie omdraai kan ek wragtag nie
daar doer sien ek ’n berg met ’n swart oog ek dank die fynbos
ek het dit tot hier gemaak in die grot gaan ek baie vuur maak
as ek sing staan ek in gebed met my liggaam in selfoorgawe
ek omskrywe reëndruppels uit die dieptes van my buik
daar is ’n waterval wat ophou ophou by varksnoetberg
daar waar my atta kruievrae los vir haar voormense
my stem pluk brandsels nag uit grot uit
my pa’le jag en gooi die as in die lug onthou ek
ek lees hulle voetspore
die maan maak ook vuur en oor ons waak hy soos bye
my stem hardloop weg uit my uit
ek kan sien in die donkerte
ek ken die taal van donkerte in my spelonk
ek kan dit nie oortaal nie
my vel is so klam soos die verbryselende grot
die see kom klop aan my grot
se deur maar sy kom nooit in nie
ek is haar buurvrou sy stuur
alikrukke en mossels klipkouse visse
en robbe wat ek na my doodplek vat
ek is dankbaar vanoggend
so deur die pyn van die swikvoet
my buurvrou het skuimbek by my kom kla
die noorkappers is op pad
ek moet my reg hou
is my bek nie genoeg souterig nie
is my ore nie genoeg ingelê van die branderbraak nie
my kop is ’n suurvygie wat eers ’n kroon gedra het
maar ek voel die son maak my hard van buite en sag van binne
en hoe het ek staat en sukkel in die begin
hier was vars water om te drink maar ek en hierdie grot is nat
hier kan nie vuur brand nie nie vir lank nie hoe moes ek nie
die mure droog hou nie maar dan die alewige geswetery die saambly
met die donkerte die plek is ’n omgedopte volstruiseier
wat in hom net middernag berg ek is agter die oestervanger aan
en ook hy het die kos uit my bek gepik
ek is nou gewoond aan die koue klam huis van my
ek ken die kranse se nukke ken die kolieksomers
ek weet watter winde tart jou ek moet bieg ek is so sout soos jy see
ek kry lekker vir bote wat soos leë kreefdoppe teen jou kraak
ek kook mossels in bamboese
die walvisdroom kom klim in my kop as ek sluimer deur die dag
drome wat in die dag geskied sê atta word waar
ek is ’n slaweskip wat deur die sand trek ek droom my vel word ’n net
en die see word net sand ’n hand kom en gooi die sand
dit val deur my more en ek het hande wat aan my hande gelas is
die kronkelpaaie in my palm dit het doringrigting
ek lê op die water en dut ek vertrou die water in haar kan ek
opgee in my is ook water ja in my is ook donderstorms
in my is ook die harsings so groen soos seegras
in my is klippe en daar is ’n grot aan elke swelselhoek van my
lyf en hier kan ek nie sink nie hier spoel die water in my ore
in