Onderwêreld. Fanie Viljoen. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Fanie Viljoen
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Журналы
Год издания: 0
isbn: 9780624052319
Скачать книгу
wat hul ‘beste’ doen, is verloorders. Dis nie goed genoeg vir my nie, en ook nie vir Lawson Kollege nie. Ek soek jou hart en jou siel. Determinasie. Visie. Oorwinning.” Toe bly hy ’n oomblik stil. En ek weet hier kom dit nou. Die eintlike rede hoekom hy ons wou sien. “Maar voor julle begin speel, is daar ’n ander kwessie. Die … um … ongemaklike situasie van een van die leerders wat gedros het.”

      Wat! skree dit in my. Eckardt het nie gedros nie.

      “Meneer Andersen het al met julle manne gepraat. En ek verstaan daar is ’n klomp stories wat rondlê. Maar dit is presies wat dit is: net stories. Alles dui daarop dat Eckardt Wilken bloot net weggeloop het sonder om vir enigiemand te vertel. Nietemin, ons moet seker maak of dit die geval is. Dit is in die skool se beste belang. Maar ons moet nie ’n klomp spoke opjaag in die proses nie. Daarom vra ek julle manne se samewerking. Ons hou hierdie ding eers tussen ons. Intussen probeer ons ons vermoede bevestig. Manne, dis ’n ernstige ding hierdie. Ek is glad nie ten gunste van sulke onbehoorlike gedrag nie, maar ek gaan ook nie toelaat dat dit julle manne se matriekjaar opmors nie. Daarom gaan ons sportdag voort soos beplan en –”

      Dis op daardie oomblik dat ek voel hoe al die opgekropte woede in my oorstoot. Voor ek kan keer, spoeg ek die woorde uit: “Ek dink dis pateties!”

      Dok Pienaar is dadelik stil. Sy kop draai in my rigting. Sy blik solied. Net so verander sy hele houding. Word dit rigied. Sy glimlag verstar, lippe trek dun en reguit. Asof ’n vloekwoord enige oomblik op sy tong kan ontplof.

      Maar hy hou hom in, sien ek. En hy sê net: “Greg?”

      “Ek kan nie glo dat julle dit nog wil ontken nie, Dok. Ek meen, face dit: Eckardt is weg, maar hy het nie weggeloop nie.”

      “Hoekom sê jy so, Greg? Is daar iets wat ek moet weet?”

      “Hy … hy sou my vertel het as hy wou wegloop.”

      “Greg, ek ken julle jong outjies. Al dink julle ek weet nie, ek weet wat in julle koppe aan die gang is. Hier het niks sinisters gebeur nie. Eckardt het bloot net weggeloop, dis al.”

      “Nou hoekom moes ons gister die skoolterrein deursoek?” kap ek terug.

      “Ons moes seker maak dat hy nie nog op die skoolgronde is nie. Dat hy nie dalk seergekry het nie.”

      “Ek het meneer Eden al Donderdag vertel dat Eckardt nie in sy kamer was die oggend nie. Hoekom het ons eers ’n dag daarna op die skoolgronde vir hom gaan soek?”

      Dok Pienaar raak nou meer ongemaklik, sien ek. Sy ysere gluur sny deur my. Maar ek gee nie om nie. Ek gaan net aan: “En wat is die storie van ’n brief wat die skool gekry het?”

      ’n Beheerste stilte, toe, met ’n koue stem: “Daar is nie ’n brief nie.”

      “Ja, right. Ek glo dit nie. Dok, met alle respek, ek dink julle steek iets vir ons weg. Ek dink hier is groot fout. En dit is die kollege se plig om iets daaromtrent te doen. Nou! En as julle nie nou dadelik begin nie, sit ek nie my voet op ’n rugbyveld nie.”

      “Greg, laat ons mekaar goed verstaan,” sê Dok, nou so kalm dat dit mens eintlik bang maak. “Ek gaan nie dat jy my dreig nie. En ek gaan ook nie dat jy my afpers nie. Lawson Kollege is ’n gerespekteerde instelling met ’n goeie reputasie. ’n Droster soos Eckardt Wilken gaan dit nie verongeluk nie. Daarvoor sal ek sorg. Verstaan jy my? En as jy met my verskil, gaan sit dan maar in jou koshuiskamer en huil oor hom. Ek gaan jou nie dwing om te speel nie. Daar is ander ouens wat net so goed soos jy is op vleuel.”

      Dok Pienaar hou ’n oomblik op met praat. Ek kyk hom direk in die oë. Ek gaan nie dat hy my intimideer nie. Hulle het die situasie verkeerd hanteer, en hy weet dit blerriewil.

      “Dok, dan loop ek nou!” Die woorde was skaars gesê, toe is ek al jammer, maar ek draai nie terug nie. Ek loop na Huis Da Vinci toe. My treë voel onvas. Binne my wil dit gelyk skree van frustrasie en juig omdat ek my man gestaan het teen Dok se slapgattigheid. Maar bo dit alles is daar die vrees wat tussen my derms rondwurm, want ek weet daar is nou ’n groter draak wat ek sal moet aandurf … ek sal aan my pa moet kan verduidelik wat ek gedoen het.

      Terug in die koshuis. Die plek is verlate en pynlik stil.

      Magteloos. Dis hoe ek nou voel teen die skool en teen Dok Pienaar. Ek het my toys uit die cot gegooi, maar uiteindelik beteken dit niks. En Dok is reg, daar ís ander ouens wat vleuel kan speel vir die eerste span. Dalk nog beter as ek.

      Ek voel verdwaal in my koshuiskamer. Nie een van die ander ouens het saam met my gestaan teen Dok nie.

      Is ek dan hulle leier?

      If you think you’re a leader but nobody is following you, you’re merely going for a walk.

      My pa se gunsteling-sêding – uit ’n selfhelpboek, sekerlik.

      So dalk ís ek bloot op ’n uitstappie. Wat gee ek om?

      Ek trek my sportklere uit. Krul op op die bed. Lê net daar. Toe kom die vraag: Greg, wat kan jý doen omtrent Eckardt se verdwyning?

      ’n Tyd lank dink ek daaroor. Die antwoord vra vir konkelwerk. Die skool wil nie hê ons moet ons ouers vertel nie. Maar hulle het niks gesê van die media nie. En ek het mos contacts in die pers. As ek hulle ’n tip-off kan gee … Anoniem.

      Ek ruk om na my laptop. Sit regop in die bed. Dit sal werk, ek weet dit sal. En al wat ek daarvoor nodig het, is een van die fiktiewe email-adresse wat Eckardt my help skep het.

      <h8>Log File: Onderwêreld</h8>

      “Wat? Is jy mal?” vra ek. “Waar sou ek nou al try hack het?”

      Eckardt glimlag skelm. “Maak toe die kamerdeur. Cyberspace se onderwêreld wag …”

      Donker woorde, stikvol opwinding. Onderwêreld. Net die klank daarvan laat my hoendervleis kry. Asof dit John is wat aankondig: “Hei, boet, ons gaan ’n nuwe extreme sport try. Hoe lyk dit, is jy in?”

      Eckardt draai terug na sy laptop. “Kom ek wys jou. Ek is al ’n ruk besig om hierdie een te try hack,” sê hy. “Dis ’n reisagent se website. Ek het ’n program laat hardloop om te kyk vir CGI-swakpunte en –”

      “Wag, CGI … soos die programme wat hulle gebruik om special effects te maak in movies?”

      Eckardt skud sy kop. “Nee, dis iets anders. Hierdie CGI is ‘Common Gateway Interface’. Dit verwys maar net na die manier waarop programme op ’n webserver praat met die surfer se browser.”

      “Hoekom doen jy dit?”

      “Ek soek inkomplek. Jy kan die maatskappy aan die ander kant amper sien as ’n kasteel. En ek soek ’n swak plek in die ringmuur om binne-in die kasteel te kom. Maar die kasteel is goed beskerm. Maatskappye gebruik nie klipmure om hulle data te beskerm nie. Hulle gebruik wat hulle ‘firewalls’ noem.”

      “Ek het al van firewalls gehoor,” sê ek. “So jy probeer om binne-in die firewall te kom.”

      “Ja, dan sal ek so te sê ín die kasteel wees.”

      Ek glimlag. Dit klink maklik, maar ek kan sien Eckardt het vrek baie ondervinding van hierdie goed. Ek volg sy vingers soos dit oor die rekenaar se sleutels spring.

      “By the way,” sê hy ná ’n ruk, “wat ek hier doen, het ’n hacker – ek dink sy naam was Zyklon – ’n paar jaar terug gebruik om die White House in Amerika se site te hack. Hy het ingekom deur iets so stupid soos ’n telefoonboek wat hulle op die site geplaas het. Hy het ’n gat in die programming gesien en dit uitgebuit.” Eckardt sit ’n oomblik terug in sy stoel en kyk vir my. “Die programmer moes ’n spul spesiale karakters lys in die program. Die telefoonboekprogram moes dan die karakters validate. En toe vergeet die siel een van die karakters. Zyklon het die fout tot sy voordeel aangewend. Uiteindelik kon hy enige command uitvoer wat hy wou.”

      “Op die White House se site!”

      “Jip, maar nie net hulle website nie, ook op hulle computer