Kokkedoor. Errieda du Toit. Скачать в формате fb2, epub, doc, txt. Newlib. NEWLIB.NET

Kokkedoor - Errieda du Toit

Автор: Errieda du Toit
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Кулинария
Год издания: 0
isbn: 9780798165433

Herleef die lekkerte van onthoukos en kook soos 'n Kokkedoor in jou eie kombuis.
Hierdie boek bevat die beste uit die gewilde Kokkedoor-televisiereeks, en gaan oor die kos wat ons lief het: erfeniskos, oumakos, huiskos, hunkerkos, kookkos, verlangkos, lekkervoel-kos.
– Die beste resepte van elke episode, getoets vir die huiskombuis – Familieresepte vir vleisgeregte, fyngebak, brood, konfyt, piekels, groente, slaai, soetgoed en poedings – Nuwe idees vir Sondagkos, basaarkos, piekniek, padkos, partytjiekos en braai – 'n Kykie na die geskiedenis van geregte en waar gebruike vandaan kom – Goue gunstelinge kry 'n moderne baadjie, sonder om die herinneringe te verloor
In dié versamelaarsboek deel Tannie Poppie haar broodpoeding-resep, Marinda en Mathilda hulle heerlike brandrissie-fudge, Theresa haar skuinskoek en ouma Drieka se onfeilbare skilferkorsdeeg. Die reekswenners Mynhardt en Tiaan deel hulle langtafel-geregte, asook nuwe weergawes van erfenisgeregte soos sagopoeding met suikerglasklokke.
Hier is vandag se kos, gegeur met gister. Om te kokkedoor is om kosmaak te geniet, vriende en familie na die lang tafel te nooi en ure lank te gesels oor gister se dinge en môre se drome.