Jackie Blue. T. M. Bilderback. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: T. M. Bilderback
Издательство: Tektime S.r.l.s.
Серия:
Жанр произведения: Триллеры
Год издания: 0
isbn: 9788835427322
Скачать книгу
ection>

      Jackie Blue

      Deur

      T. M. Bilderback

      Vertaling Deur

      Marlette Taljaard

      This is a work of fiction. Similarities to real people, places, or events are entirely coincidental.

      JACKIE BLUE - `N JUSTICE SEKURITEIT ROMAN

       First edition. August 17, 2021.

      Copyright © 2021 T. M. Bilderback.

      Written by T. M. Bilderback.

      10 9 8 7 6 5 4 3 2 1

      Inhoudsopgawe

       Titel Blad

       Copyright Page

       Jackie Blue - `n Justice Sekuriteit Roman (Justice Security, #3)

       Hoofstuk 01

       Hoofstuk 02

       Hoofstuk 03

       Hoofstuk 04

       Hoofstuk 05

       Hoofstuk 06

       Hoofstuk 07

       Hoofstuk 08

       Hoofstuk 09

       Hoofstuk 10

       Hoofstuk 11

       Hoofstuk 12

       Hoofstuk 13

       Hoofstuk 14

       Hoofstuk 15

      Inhoudsopgawe

       Hoofstuk 01

       Hoofstuk 02

       Hoofstuk 03

       Hoofstuk 04

       Hoofstuk 05

       Hoofstuk 06

       Hoofstuk 07

       Hoofstuk 08

       Hoofstuk 09

       Hoofstuk 10

       Hoofstuk 11

       Hoofstuk 12

       Hoofstuk 13

       Hoofstuk 14

      ––––––––

      OOR DIE OUTEUR

      T.M. Bilderback is ‘n voormalige radio aanbieder met ‘n klomp stories wat rondhardloop in sy kop, meestal gebaseer op, of geïnspireer deur klassieke liedere. Die outeur woon tans in Tennessee en skryf koorsagtig om al die stories uit te kry in boekvorm voor hulle hom skreeuend in die straat af dryf.

      Outeurs Nota:

      Terwyl ek probeer om elkeen van die Justice Sekuriteit romanne as ‘n storie op sy eie te skryf, is dit soms nie moontlik nie. Dele van die vorige romanne speel voort in ander. Terwyl Jackie Blue op sy eie geniet kan word, is die storielyn sterker indien u die eerste boek in die reeks, Mamma het gesê bly tuis! ook gelees het. Indien u die eerste boek gelees het sal u die kontinuïteit geniet. Indien nie, sal u die storie op eie meriete geniet. Meeste van alles, bedank ek u dat u gekies het om hierdie boek te lees.

      - T.M. Bilderback

      Hoofstuk 01

      Vincent Lambosa het sy werk geniet.

      Vincent was ‘n toepasser vir die Giambini mafia in die stad. Hy het begin toe hy sestien was as ‘n nommers naeler vir ‘n plaaslike beroepswedder. By geleentheid sou die beroepswedder Vincent stuur na ‘n ander man om skuldenaars om ‘betaling opsies’ met hulle te bespreek.

      Vincent het homself heel aktief toegespits in sy werk, wat ‘n resultaat van amper een honderd persent ‘kollekte’ rekord beteken het. Hierdie perfekte rekord het die aandag getrek van mense hoër op in die organisasie. Hierdie mense het begin om ‘n oog op Vincent te hou.

      Toe Vincent agtien geword het, is hy genooi om Leo Lesko te ontmoet. Lesko was in beheer van ‘n lys beroepswedders in die organisasie, wat hom Vincent se baas se baas gemaak het.

      Vincent het Leo ontmoet by een van die tafels in ‘n McFeely’s wat geleë is in Derde Straat. McFeely’s, ook verwys na as “McFeelme’s” in hierdie straat, was bekend daarvoor om hardehout te bedien aan nog harder klante en was al in dieselfde winkel vir vyftien jaar teen die tyd van die ontmoeting. Derde Straat het ‘n agterstraat geraak en het net begin om sy bynaam “Hooker Hollow” te kry.

      “Vincent,”