Schalkie van Wyk Keur 15. Schalkie van Wyk. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Schalkie van Wyk
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Эротическая литература
Год издания: 0
isbn: 9780624084778
Скачать книгу
n>

      

      Schalkie van Wyk

      Keur 15

      Om joune te wees • Maryna se liefdeslied

      Melodie

Om joune te wees

      1

      Dis nou nie asof sy verwag het dat ta Trynie haar met ’n glas sjampanje en ’n bordjie kaviaar moet inwag nie, dink Kayla Joubert afgehaal terwyl sy uit haar klein motortjie klim, maar sy hét aangeneem dat die tannie oudergewoonte op die tuinbank onder die kareeboom sou sit, gretig om te hoor hoe maklik of moeilik haar laaste eksamenvraestel toe was.

      Sy klap die tuinhekkie onnodig hard agter haar toe en draai vraend na regs toe ’n waarskuwende gesis haar ore bereik.

      Sy knip haar oë. Daar staan ’n metaalleer teen die muur aangeleun, die boonste gedeelte daarvan verberg deur die laag hangende takke van die wildekersieboom wat langs die muur groei.

      “Ta Trynie?” vra sy verwonderd en kyk hoe Trynie se bekende groot voete in ’n paar geel tekkies uit die takke verskyn en afklim grond toe. “Het ons nuwe bure?”

      “Sjuut!” waarsku Trynie Geyer sissend, duik onder die takke deur en kom tot by Kayla, haar wysvinger op haar lippe en ’n frons tussen haar wenkbroue. “Dis erger as al die plae van Egipte, Kaylatjie! Al die jare het die goeie dokter Jansen en sy goeie vrou in vrede en stilte langs ons gewoon. En wat gebeur vandag? Twee stokou hippies met lang hare en riempies om hulle koppe trek langs ons in. Hippies, sussie, hippies!”

      “Ja, ek hoor, ta Trynie. Maar wat laat tannie dink die mense is hippies?” vra Kayla.

      “Ek was jonk in die sestigerjare en ek weet waarvan ek praat, Kaylatjie. Die pa-hippie het ’n baard soos ’n Bybelse profeet, en hy dra ’n vuil T-hemp en ’n matroosbroek, en hy loop kaalvoet nes die ma-hippie. En sy is net so ’n spektakel met al haar toutjies en stringe goedkoop juwele en daai wye, bont romp van haar. Ek sê jou, Kaylatjie, dis om van te ween!”

      Kayla onderdruk met moeite ’n glimlag. “Dis nie onwettig om ’n bejaarde hippie te wees nie, ta Trynie. Hippies maak vrede, nie rusie nie. Dalk word tannie en die ma-hippie nog goeie vriendinne en drink gereeld saam tee. Of het tannie klaar met hulle rusie gehad?”

      Trynie rys uit soos beskuitdeeg. “Ek sien nog kans vir twee ou hippies, maar die twee het minstens ’n dosyn kinders. Bid jou aan: almal seunskinders met motorfietse! Ek meen hulle eet nou, maar die ganske oggend moes ek na die gebrul van hulle motorfietse luister. Ons moet met jou tannie Annelize praat, liefie: dalk kan ons ’n hofbevel kry om die spul uit te smyt!”

      “Dit gaan nie so maklik wees nie, tannie. Dis nie te sê dat as die seuns motorfietse besit, hulle ’n munisipale wet oortree nie,” paai Kayla.

      “Nonsies! As honde nie mag blaf nie, mag motorfietse nie brul nie.” Trynie blik vinnig na die muur, vergeet van haar verontwaardiging en stoot-stoot Kayla aan die arm. “Gaan soek vir jou ’n ietsie te ete in die yskas, my hartlam – ek wil eers nog ’n rukkie kyk. Ek is netnoumaar by jou.”

      Kayla kyk onthuts na Trynie wat terug na die leer drafstap en ten spyte van haar sewe-en-sestig jaar rats opklim totdat slegs haar groot geel tekkies en knopperige enkels onder die takke sigbaar is.

      Iets rym nie, dink Kayla, loop na die leer toe en sluit haar hand om Trynie se enkel.

      “Jierp!” krys Trynie gesmoord, skop wild om van Kayla se hand ontslae te raak en klouter halsoorkop die leer af. Sy bly hygend voor Kayla staan, haar gesig grysbleek van skrik, haar oë pieringgroot, en bars uit, haar stem ’n skor fluistering: “Satanskind! Ag siesa, sussietjie, wil jy die oorsaak wees van my vroeë dood? Bekruip my en gryp my! Hoe moes ek weet dis jy en nie ’n boomslang nie?”

      “Daar was nog nooit boomslange in ons bome nie, ta Trynie. En tannie het nog nooit meer in ons bure as in my eksamens belang gestel nie. Is tannie nie eens ’n klein bietjie bly omdat ek vandag my finale vak vir my graad in grafiese kuns geskryf het nie?” vra Kayla verwytend.

      “Jou eksamen? O. Ja, ja, natuurlik, Kaylatjie.” Trynie lyk skuldig en vervolg heftig: “Ek sal so nimmer as te nooit die belangrikste dag in jou lewe vergeet nie, sussie. Ek belowe jou ek en jy gaan nou-nou saam ’n koeldrankie drink en oor al jou dinge praat, maar nou wil ek eers weer kyk of … e … of hý nog daar is,” antwoord Trynie en begin wegdraai na die leer, maar Kayla gryp haar met albei hande aan die boarm vas en rem met haar volle gewig terug.

      ’n Onnutsige laggie glip oor Trynie se lippe terwyl sy bly staan en Kayla betrag. “Nes ’n dapper muis wat ’n kat probeer vang, nè, my liefie? Ek wil jou nie in die gesig vat nie, Kaylatjie, maar jy’s maar pieperig langs my. Ek is langer as jou ouboet Marnus én jou pa, en ek’s die ene knokkels en spiere, met nie ’n enkele gram vet aan my liggaam nie. As jy nie my arm los nie, klim jy so hang-hang saam met my die leer op.”

      “Watter hy, tannie? Tannie stel tog nie in ’n ou hippie-oom belang nie? Of ken tannie die ou oom?” vra Kayla nuuskierig.

      Trynie tuit haar lippe en betrag Kayla ’n paar oomblikke voor sy verduidelik: “Dis hoekom ek weer moet kyk, kind, want dalk het my ou oë my bedrieg. Sien, hy was anders as hulle – nie ’n hippie of ’n derduiwel op ’n motorfiets nie. Nou nie ’n groot man met yslike spiere en breë skouers nie, maar sulke blou-blou ogies en ’n skaam ou glimlaggie. Rêrig ’n vrindelike ou gevreetjie wat die man aan hom het.”

      As sy nie geweet het ta Trynie, wat meer as veertig jaar reeds hulle huishoudster is, is ’n geswore oujongnooi nie, het sy geglo die tannie is verlief, dink Kayla. Sy los Trynie se arm, swenk om haar en storm die leer op sodat sy oor die muur in die buurwerf kan kyk.

      “Hier’s net …” begin sy en verloor haar vermoë om asem te haal en te praat toe sy vaskyk in die gesig van ’n lang, lenige man wat teen ’n groot kartonhouer aanleun. Hy is ’n aantreklike man, lank en breed van skouer. Sy heupe is smal en die spiere van sy arms en bors is sigbaar onder sy nousluitende T-hemp. Sy hoë wangbene, effens geboë neus en ferm mond skep die indruk van innerlike krag en deursettingsvermoë, terwyl die lagplooitjies om sy oë sy humorsin verraai. Sy digte goudblonde hare, die kleur van ryp koring, is windverwaaid en gee aan hom ’n seunsagtige voorkoms wat deur die waaksame lig in sy taankleurige oë weerspreek word.

      Hy weet sy kyk na hom, besef Kayla, maar hy kyk nie weg nie en wend geen poging aan om met haar te praat nie. Sy staar asof gehipnotiseerd in sy oë en dis asof die skadu van ’n ou herinnering – ’n herinnering van instink, nie van die verstand nie – in haar ’n sekerheid laat opwel dat sy hom op ’n ander tyd en plek geken en liefgehad het.

      Nee, sy dink soos ’n verliefde tiener, betig sy haarself, voel ’n blos van verleentheid oor haar gesig sprei en klim haastig die leer af.

      “Hy het oë soos ’n roofdier, ta Trynie,” fluister sy, vies dat sy haar deur Trynie se simpel praatjies laat verlei het om hulle nuwe bure af te loer.

      “Nonsies, my engel! Blou-blou ogies, op ’n haar so blou soos Kaapse vergeet-my-nietjies.”

      “Geelbruin oë soos ’n arend, tannie, en hy is langer as tannie én my ouboet Marnus,” sê sy ongeduldig en betrag Trynie agterdogtig. “Hoekom stel tannie skielik in ’n blonde jong man belang?”

      “Moenie laf wees nie, Kayla. Sy hare – en dis nou die bietjie wat hy nog oorhet – is wit soos myne, net heelwat yler, veral op sy kroontjie. Haai, sussietjie, ken jy nie die verskil tussen grys en blonde hare nie?”

      “Hy het digte koringblonde hare en genoeg spiere om … Moenie, tannie! Hy weet ons loer hom af. Tannie … asseblief!” probeer Kayla keer en gryp-gryp na Trynie wat haar blitssnel pypkan en die leer opklouter.

      Sy staar oopmond na Trynie wat met haar hand wuif en dan, met ’n salige glimlaggie, die leer afklim en haar weer by Kayla aansluit.

      “Netnou, toe hy agterkom ek hou hom dop, het hy in my oë gekyk en geglimlag, maar nou is ons by die glimlagstadium verby, want hy het met sy hand vir my gewaai. Kort voor lank sal hy hom aan my voorstel en hoop om my beter te leer ken.” Trynie vat-vat aan haar digte sneeuwit hare, druk haar regterhand in haar sy en vervolg selfvoldaan: “Ek sou nooit Juffrou Suid-Afrika kon gewees het nie,