Blits: Perlemoendiewe. Nadine Blom. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Nadine Blom
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Детские приключения
Год издания: 0
isbn: 9780624081807
Скачать книгу
>

      

      Perlemoendiewe

      deur Nadine en Adriaan Blom

      Tafelberg

      Vir Jean-Marc L. en Zander S.,

      wat my gehelp het om my lewe te bou

      in Melkbosstrand en my vriende gemaak

      het met die lane.

      – A.B.

      Vir my ma Juliette, wat by my ’n

      besondere liefde vir lees

      gekweek het.

      - N.B.

      “Gee terug my foon!” skree my suster.

      “Ek het nie jou foon nie, Gina!” kap ek terug. My oë dwaal onwillekeurig na my hande. My coping mechanism is naels kou.

      “Ek ken jou te goed, Hannes. As jy mens nie in die oë kan kyk nie, dan lieg jy deur jou tande,” sis sy.

      As my suster eers begin met haar nonsens, kry sy nie sommer klaar nie. Deur wie anders se tande sal ek nou anyway lieg as deur my eie?

      “Jy dink jy’s so cool. Jy en jou buddies met julle zef haarstyle en julle surfboards en die hele flippen deal,” begin sy weer.

      “Whatever, Gina.”

      Ek draai om en stap in die gang af. My hart klop vinnig en ek dink teen ‘n stink spoed. What to do … Ek gaan Gina se foon in my kamer wegsteek en dit dan op een of ander manier in haar kamer terugsneak sonder dat sy my sien, anders is ek tjops.

      My suster is agtien en een van die mooiste girls in die skool. As sy die dag lus is, kan sy regtig ’n awesome suster wees, hoor mooi ek het gesê kán.

      Ek hoor Gina in die gang afgestap kom en gly die foon onder my kussing in.

      “Hannes, luister mooi na my. As ek my iPhone in jou kamer kry, kan jy vergeet daarvan dat ek jou en jou buddies Saterdagaand na die Martin Garrix en Marshmello show toe vat.”

      Nou’t sy my aandag. My suster het wiele gekry vir haar verjaarsdag. So ’n bloedrooi Volla met blink mags en ’n klanksisteem wat my hart in overdrive sit. Sy’s die oudste in ons gesin en weet altyd van beter. “Eighteen going on eighty,” sê my pa altyd.

      “Ek weet nie hoekom jy altyd jou data opgebruik en dan my flippen foon steel om op te chat nie. Mens sou sweer jy’s ’n meisie teen die trant wat jy deur data gaan.”

      Ek wonder of ek die waarheid moet praat. Gina is iemand wat brownie punte gee vir eerlikheid.

      “Ag sus, jammer, ek wou net hoor of Zander môre wil gaan surf,” skiet ek uit die heup. “Jy kan vir jou tien rand ekstra vat as Ma weer vir my airtime laai. Dis darem net een SMS.”

      Stilte.

      “O, so jy hét my foon gevat?” vra sy saggies. Fout. “Deny, deny deny,” sê my pa altyd. Hy’s ’n advokaat wat groot hofsake vir belangrike mense veg.

      Kyk, daar is net een ding gevaarliker as my suster se tantrums, en dis daai oomblik wanneer sy so kil word soos ’n yswind en daai oomblik is nou. “Jammer, Gina, jy’s so ’n cool sussie, ek het rêrig nie gedink jy sal omgee nie. Al die ouens sê altyd watse awesome suster ek het en dan sê ek dadelik – ek weet, sy is die heel beste!”

      Gina kyk vir my soos ’n haai wat ’n week laas geëet het. “Jy kan daai heuningkwas maar bêre, Hannes Joubert, want jy het so pas jou eie death warrant gesign.”

      Flip. My suster kyk te veel Suits. Anyway, dis op net daai oomblik dat ek weet dis klaar en verby. My en Zander se Martin Garrix show is iets van die verlede. Hy gaan my doodmaak. Ons het al klaar by ons ander vriende begin brag dat ons na die show toe gaan. My sosiale netwerk en my posisie in die vriendekring is op die spel.

      Ouma se stem gly soos warm botter deur die yswind. “Gina, kom pak gou die skottelgoedwasser uit!”

      Ha, hier is my kans … Miskien is die Martin Garrix-ding nog ’n moontlikheid. ’n Man moet ’n gap vat as hy hom kry.

      Ouma roep weer. “Ginatjie, ingel, kom jy?”

      My suster gee my ’n kyk wat sê: “Jy’s dood.”

      Ek vat die pad van die minste weerstand. “Hei, kom ek sê jou wat, ek sal die skottelgoed vir jou uitpak, dan kan jy bietjie afkry vanaand.”

      Gina is dadelik agterdogtig. “Wat konkel jy?” vra sy.

      “Niks. Gee jou maar net bietjie brotherly love.” Vir ’n oomblik dink ek sy gaan daarvoor val. Maar nee. The penny drops.

      “Moenie dink ek is stupid nie, Hannes, die show is af. En jy raak nooit weer aan my foon nie.”

      Sy pluk haar iPhone onder my kussing uit – hoe het sy geweet? – en klap my kamerdeur so hard toe dat my ore tuit.

      “Ek sal nog steeds die skottelgoed vir jou uitpak, sus … môre, whenever jy wil …”

      Al wat ek hoor, is stilte. Alaska-stilte.

      My ma noem my ’n ewige optimis. Verder is ek ook nie ’n baie goeie verloorder nie, ’n eienskap wat gereeld moeilikheid tussen my en my suster veroorsaak.

      Al wat ek weet, is ek moet aan ’n plan dink om hierdie ding om te draai. Martin Garrix en Marshmello is soos DIE show, en ek het Zander belowe.

      My selfoon bliep. Dis Zander. Hey dude, w m j? Hu lykit met ’n surf?

      Ek kyk op my foon. 16:10 … Jaaaa wat. Ons het nog ten minste drie uur sonlig oor en ons huiswerk is min, want die skool sluit Vrydag.

      Ek antwoord terug. Kewl, pers huisie oor 10

      My Whatsapp wil nie deurgaan nie. Bummer. My data is op. Hoe kon ek vergeet?

      Plan B. Ouma het ook ’n selfoon, maar sy het nie Whatsapp nie. Sal maar ’n SMS moet stuur van Ouma se foon af. Ek sluip na haar kamer toe en kry haar selfoon waar dit, soos altyd, op haar bedkassie lê tussen die Kleenex-boksie en al haar Mills & Boon-boeke.

      Ouma love lees, net soos my ma en my suster. Vrouens is net weird. Regtig. Ek SMS vir Zander, delete die SMS uit Ouma se sent box en skiet in die gang af om in my wetsuit te gaan spring. Ek gryp ’n piesang vir padkos en met my surfboard onder my arm laat waai ek op my longboard strand toe.

      Melkbos se lane is vanmiddag stil. Daar is ’n rugby game by die skool en almal is daar. Ek en Zander is nie groot op rugby nie, ons is tennis-ysters. Federer en Nadal op ons beste.

      Ek haal diep asem en ruik die see. Melkbos is die heel beste plek op aarde. Ek het al vir my pa gevra of hy nie kan reël dat daar ’n universiteit in Melkbos gebou word nie, want ek wil nooit ooit hier weggaan nie. My pa het net gelag en gesê hy kan baie dinge reël, maar daai is ’n moeilike enetjie.

      ’n Kar briek skielik met ’n skreeugeluid agter my en ek vlieg om. ’n Swart paneelwa. Wat de …?

      Die bestuurder het ’n donkerbril op en lig sy hand asof hy vir my wil wys hy sal my ’n backhand gee. Beslis nie ’n local nie. Dis vir seker.

      “Magtag! Kyk waar jy ry!” skree ek.

      “Waar de heng het daai vandaan gekom?” vra Zander terwyl hy ’n broadie langs my gooi. “Die ou het my amper kas toe gery …” Zander frons terwyl hy die paneelwa met skrefiesoë agterna staar.

      “Ek het nie ‘n clue nie. Jy reg vir surf?”

      “Jip. Die swel is huge vandag!”

      Zander is my maat van kleuterskool af. Hy ken my beter as my eie familie. Ons het al baie mal goed saam aangevang. Sy pa het eenkeer ’n nuwe kar gekoop in ’n kleur waarvan ons nie baie gehou het nie. Toe besluit ons om die oom ’n guns te doen en die