Sushi en shosholoza. Erns Grundling. Скачать в формате fb2, epub, doc, txt. Newlib. NEWLIB.NET

Sushi en shosholoza - Erns Grundling

Автор: Erns Grundling
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Книги о Путешествиях
Год издания: 0
isbn: 9780795802119

In 2018, kort op die hakke van sy topverkoper-memoires oor die Camino, Elders, en die kykNET-reeks Elders: Die Camino, reis Erns Grundling met ’n TV-span na Japan om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm – dié keer oor die land waar die Rugbywêreldbeker 2019 sal plaasvind. Sushi en shosholoza is sy verslag van die reis. Tussen pelgrimstogte soos die Kumano Kodo, die Camino se sustersroete, die uitklim van Mount Fuji en onderhoude met SA rugbyspelers in Japan – ook met Dan Carter en Jake White – kry lesers nes in Elders terugflitse na Erns se jeug. Van ’n laaitie wat OP se wedstryde op die ou Boet Erasmus-stadion ademloos volg, tot vandag se Erns wat stomgeslaan in sy Brave Blossoms-rugbytrui sit en kyk hoe Japan nou éintlik ’n rugbywedstryd hanteer. (Wenk: Dis nie Loftus dié nie!) Kom stap nog ’n slag saam met Erns, dié keer op die plek waar talle Suid-Afrikaners laat in 2019 die Bokke sal gaan ondersteun. Konnichiwa, Japan!