Klassiek reeks: Kroniek uit die doofpot. John Miles. Скачать в формате fb2, epub, doc, txt. Newlib. NEWLIB.NET

Klassiek reeks: Kroniek uit die doofpot - John Miles

Автор: John Miles
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Контркультура
Год издания: 0
isbn: 9780798173094

CNA-prys (1992), M-Net-prys (1992), Helgaard Steyn-prys. Kroniek uit die doofpot (1991) is die aangrypende en onthutsende verhaal van ’n swart polisieman se soeke na geregtigheid en dis gebaseer op die werklikheid. Ten spyte van sy armoedige kinderlewe op ’n plaas in die Vrystaat, verwesenlik Tumelo John Moleko sy droom om by die polisie aan te sluit. En uiteindelik kan hy ’n huis en motor vir sy gesin bekostig en in sy eie tuin werk: Dus, die lewe van ’n gewone, eerbare man. Op ’n dag word Tumelo egter onregverdig beskuldig en ’n hou teen sy oor is die begin van doofheid en eindelose mediese probleme. Wanneer hy ’n klag lê teen sy senior kollega, kolonel Van Niekerk, loop hy hom teen ’n muur van korrupsie en rassisme vas. In die nag van 30 November 1987 is polisieman Tumelo in sy huis met sy vrou Busi deur ’n paar oud-kollegas vermoor. Die roman is sober aangebied, maar die leser weet waarop dit onvermydelik afstuur – daarin lê die spanning en tragiek.