Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT. Ilna Stander. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Ilna Stander
Издательство: Ingram
Серия: Best Books Studiewerkgids
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9781776070244
Скачать книгу

      Best Books Studiewerkgids:

      Lien se lankstaanskoene

      vir Graad 12

      Eerste Addisionele Taal

      Saamgestel deur Ilna Stander

BB_logo

      Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van die Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal kan verskil van dié van die gedrukte weergawe, afhangende van die instellings op jou leser. Die uitleg vertoon optimaal as jy die standaard instellings op jou leser gebruik. Lesers kan eksperimenteer met die instellings om die vertoning te verbeter.

      Die bladsyverwysings in hierdie uitgawe verwys na die bladsye in die gedrukte boek.

      Voorwoord

      As onderwyser was die kloof tussen die klomp verskillende goedbedoelde hulpmiddels vir die klaskamer en die werklikheid van die skoolsisteem ’n frustrasie. Hierdie studiewerkgids vir matrieks met Afrikaans as Eerste Addisionele Taal sal alles makliker maak vir onderwyser en matrikulant. Die ideaal is dat elke leerder sy eie werkgids het en self daarin skryf soos die lees van die voorgeskrewe werk vorder en dat die gids daagliks in die klas nagesien word. Die gids kan in klasse tydens die skooldag, maar ook deur leerders wat op hulle eie werk, gebruik word, omdat antwoorde in ’n uithaalbare antwoordseksie agterin die boek geplaas is.

      Elke hoofstuk bestaan uit die volgende elemente:

      •’n volledige kolpuntopsomming in Afrikaans

      •’n effens korter Engelse kolpuntopsomming

      •onderrigvrae oor feite en begrip (met ’n variasie van stelwyses, asook denkvlakke wat by die antwoorde aangetoon word), maar wat ook as toets- of eksamenvrae kan deug

      •’n verduideliking hoe die hoofkarakter ontwikkel

      •’n verduideliking hoe die verhaal se struktuur ontvou

      •die vrae waaroor die leser na elke hoofstuk wonder (ook nuttig voor die hervat van lees)

      •praktiese mondelinge voorstelle, meestal kort stelwerkstuk-voorstelle

      •en boonop kort, broodnodige skryfhulp vir vraestel 3 deur uitvoerbare mini-skryfoefeninge.

      Daar is deurlopende interessanthede soos:

      •blokkiesraaisels

      •’n blitsvasvra

      •navorsing oor Norah Jones, die komponiste en musiekstukke

      •rolspelraai

      •en skribbels en illustrasies wat veral die visuele leser sal boei.

      Agterin die werkgids is

      •’n karakter-letterspel wat ’n suksesvolle en plesierige manier is om die hele klas saam oor die karakters te laat gesels

      •’n maklike hersieningsvasvra

      •en ’n omvattende lys van woorde en idiomatiese uitdrukkings en hulle Engelse ekwivalente.

      Hierdie gids is bedoel as bykomend tot die ingeslote gids in die skooluitgawe van Lien se lankstaanskoene. Die literêre begrippe wat voor en agter daarin vervat is, word nie hier herhaal nie. Daarom moet seker gemaak word dat die leerders hulle ook daarvan vergewis.

      Belangrik: Kyk die fliek eers ná die boek, sodat die motivering vir die lees nie geblus word nie. Daar is ook verskille tussen die boek en die fliek. Lê liefs eers die werk se feite vas.

      Die gehalte voorlesing in die klas gee die deurslag (of die nekslag) vir die onderrig van voorgeskrewe werk, én dit moedig selflees aan, óf dit ontmoedig dit. Die voorleser moet homself inleef.

      Wegtrekplek: ’n Video-onderhoud met die skrywer, kort en gepas vir klasgebruik.

      http://nb.bookslive.co.za/blog/2012/02/08/lien-se-lankstaanskoene-deur-derick-van-der-walt-word-n-rolprent-plus-video-onderhoud/

      Die samesteller

      Voorspel

      Opsomming

      •’n Manlike persoon kyk glimlaggend na video’s uit ’n boks, maar veral graag na hierdie spesifieke een. Hy drink koffie en lê agteroor in die stoel.

      •Dis ’n klanklose amateurvideo van ’n swembadtoneel met ’n opgewonde haasbekdogtertjie wat swem. ’n Swart krulkopseuntjie hardloop saam met twee hondjies, ’n swarte en ’n witte, rond.

      •’n Donker krulkopman braai vleis en beduie laggend met die braaitang.

      •Die persoon wat die video neem het pienk plakkies met geel rosies aan.

      Summary

      •An unidentified male watches old home movies. He drinks coffee and lies back in his chair.

      •It is a silent amateur video of two children; an excited gap-toothed little girl and a dark-haired boy, playing in and around a swimming pool. Two puppies – one white and the other black – run alongside the boy.

      •A smiling man with dark curly hair waves braai tongs at the video/camera operator.

      •The camera operator wears pink flip flops decorated with little yellow roses.

      Vrae

      1.Wat weet die leser van die persoon wat die video’s kyk? (3)

      2.Die mense in die video tree op asof hulle (familie/’n gesin/vriende) is. Motiveer. (2)

      3.Mense kyk graag na ou tuis video’s van hulleself omdat dit (goeie herinneringe oproep/’n vroeëre tyd oproep/albei). (1)

      4.Hoe voel die kyker oor wat hy sien? Motiveer. (2)

      Die spanningslyn en die hoofkarakter se ontwikkeling

      Die skrywer bou spanning in die verhaal op deur die leser oor dinge te laat wonder. Dit maak die leser lus om verder te lees. Die belangrikste vrae in die leser se kop is die onderstreeptes.

      •Wie is die videokyker?

      •Wie is die mense in die video?

      •Is hulle dalk ’n gesin?

      •Is die ma dalk die kameraman?

      Mini-skryfoefening: Beskrywing

      Kyk na die beskrywing van die seuntjie in paragraaf 4. Beskryf ’n huilende of laggende kind in drie sinne. (Hoe lyk sy oë en mond? Wat is op sy wange? Wat hoor jy?)

      Hoofstuk 1: Geel en gelukkig

      Opsomming

      •Lien luister na haar ma se bekende wynskinkgeluide uit die kombuis.

      •Haar broer, Braam, hoor dit skynbaar nie en sit net die televisie harder.

      •Hulle eet roereier en halfverbrande roosterbrood wat hul ma gemaak het.

      •Hulle ma staar “geel en gelukkig” deur die venster na die liggies.

      •’n Vioolkonsert blêr oor die CD-speler.

      •Die wynboks is die fokuspunt tussen die karige kosvoorraad in die yskas.

      •Braam reageer vies op sy giggelende, wankelende ma.

      •Hulle ma eet weer nie en gaan slaap in haar klere.

      •Lien maak maar self Braam se grys skoolbroek met die vasgekramde soom met blou gare reg. Met Norah Jones oor haar oorfone, spreek sy haar haat vir “hom” in die spieël uit.

      Summary

      •Lien listens to the sound of her mother’s well-known ritual of pouring wine in the kitchen.

      •Her brother, Braam, simply turns up the volume on the TV.

      •They eat scrambled eggs and burnt toast, made by their mother.

      •Their