Salf vir jou seerkry. Jacelize de Waal. Читать онлайн. Newlib. NEWLIB.NET

Автор: Jacelize de Waal
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Религия: прочее
Год издания: 0
isbn: 9780796315786
Скачать книгу
ion> cover.jpg

      Salf vir jou seerkry

      Die pad van genesing ná egskeiding

      Jacelize de Waal

      LUX VERBI

      Vir my kinders

      * * *

      “He found me in a desert land,

      in the howling void of the wilderness:

      He kept circling around me,

      He scanned me [penetratingly].

      He kept me as the pupil of His eye.

      As an eagle that stirs up her nest,

      that flutters over her young,

      He spread abroad His wings and He took me,

      He bore me on His pinions.

      So the Lord alone led me ...”

      – DEUTERONOMY 32:10–12 (THE AMPLIFIED BIBLE, AANGEPAS)

      Voorwoord

      Ek het twee Staffordshire-terriers wat my lewe met my deel. Na my mening is hulle beslis die oulikste honde wat daar is. Nog voordat kinders op my radar verskyn het, was hulle twee reeds deel van die gesin. Soos die jare aangestap het, het hulle baie diep in my hart kom inkruip.

      My staffies het indirek ook ’n rol gespeel in die skryf van hierdie boek. In die woestyn waarin ek my bevind het, het ek soms vir ure aaneen met hulle gaan stap. Hulle het natuurlik glad nie omgegee nie, want ’n staffie gaan stap mos eintlik met jóú, nie andersom nie. Ons het saam sonskyn, wind en weer trotseer, maar stap is daar gestap. Soggens sou hulle die hele tyd onder my voete wees en my met lang oë dophou totdat ek genoodsaak was om my tekkies aan te trek. Dan was hulle letterlik uit hul nate van opgewondenheid. Ek dink hulle moet elke bult, bossie en reuk in ons buurt ken. Om eerlik te wees, ek was heimlik dankbaar vir hul volharding om op ’n daaglikse stappie aan te dring, want in die stilte en vars oggendlug was dit asof ek daagliks vir Jesus ontmoet het. Dit was asof Hy saam met my gestap het. Hierdie staptye het my huiltyd en bidtyd geword. In dié tye het Hy soveel waarhede in my gees kom deponeer.

      My gevoel is nou net een van oneindige dankbaarheid. Soms voel ek steeds heeltemal oorweldig dat my pyn en hartseer soveel vir die Almagtige Skepper van die heelal kon saak maak dat Hy my wóú genees.

      Ek wil dinge verstaan, en daarom het ek vir baie lank met die Here geworstel. Daar was soveel vrae. Ek sou nooit kon dink of glo dat egskeiding deel van my lewensverhaal sou uitmaak of deel van my nalentenskap aan my kinders sou wees nie. Maar God het geweet, want niks van ons pyn of seer betrap Hom onkant nie. My vrae het Hom nie ontstel nie en my worsteling nóg minder. In plaas daarvan het Hy my rustig kom leer en toerus.

      Hy het wonderlike mense oor my pad gestuur wat my van wyse raad bedien, baie vir my gebid en baie trane afgedroog het. Ek het ook baie oor ander mense se woestyntye gelees, en so tot die insig gekom wat God ook in hierdie tyd in my lewe kan en wil doen. Hy het baie musiek op my pad van heling gebruik, omdat Hy weet hoe lief ek vir musiek is. En dan was daar die leringe van verskeie geestelike mentors wat oor my pad gekom en met geestelike wysheid en insig gehelp het.

      Maar bowenal het Hy my keer op keer teruggeneem na sy Woord. Dit het vir my soos manna in my woestyn geraak. Ek moes dit self gaan optel – elke dag. Maar dit was elke dag daar, wagtend vir my om te ontdek. Dit was altyd genoeg vir daardie dag om te kon voed, opbou en versterk. Dit was salf vir my seer en soos balsem op my plek van dood.

      As jy nog nie self die genesende krag van sy Woord ontdek het nie, is dit my gebed dat die boek wat jy nou in jou hande hou, jou na ’n Groter Boek – sy Woord – sal lei, sodat jy vir jouself kan ontdek wat God oor jou en jou omstandighede sê.

      Dit was nie vir my ’n maklike proses om my hart oop te maak en ervaringe so neer te skryf en te deel nie. Dis veral nie maklik as jy van nature ’n redelik private mens is of eerder ’n probeer-in-beheer-wees-mens wil wees nie. Maar gelukkig is ek toe sommer in die proses ook genees van die selfopgelegde druk om altyd in beheer te moet wees. Want ek weet nou hoe dit voel as jou hele lewe buite beheer is. En al wie nou in beheer van my lewe mag wees, is Jesus! Die boek het ook nie ten doel om my vuil wasgoed in die openbaar te was of enige persoon in ’n slegte lig te stel of te benadeel nie.

      Hierdie boek is my persoonlike reis en binne my ervaringsveld geskryf. Jou reis en jou woestyn is dalk heeltemal anders. Maar ek glo daar is sekere waarhede wat Hy vir my kom oopbreek het wat moontlik ook vir jou en jou seer waar kan wees. Jy is vir Hom oneindig kosbaar. Jou pyn is ook sy pyn en jou trane maak vir Hom saak. Hy wil jou ook genees as jy Hom net sal toelaat.

      Indien jy self tans deur pynlike of lewensveranderde omstandighede gaan, wil ek jou graag bemoedig met die woorde dat Jesus jou liefhet en jou wíl genees. Te midde van pynlike omstandighede en jou unieke woestyn en vallei van Akor is daar altyd ’n deur van hoop. Jesus.

      Ek het dit vir myself ontdek en deel dit graag met jou.

      Jacelize

      * * *

      I am an overcomer.

      * * *

      “And [I] overcame him by the blood of the Lamb and by the word of [my] testimony.”

      – REVELATION 12:11 (AANGEPAS UIT NEW KING JAMES VERSION)

      ’n Lewe ... drome ... aan skerwe

      * * *

      “Ek het moed verloor; ek is stomgeslaan. Ek strek my hande uit na U. Ek dors na U soos ’n verdorde land. Antwoord my tog gou, Here. Want ek het moed verloor.”

      – PSALM 143: 4, 6–7 (NUWE LEWENDE VERTALING)

      “Indeed, how can people avoid

      what they don’t know is going to happen?”

      – ECCLESIASTES 8:7 (NEW LIVING TRANSLATION BIBLE)

      Ek onthou nog dat daardie spesifieke Kersdag ’n reënerige dag was. Tyd het genadiglik nou al die harde en seer kante kom sagter maak. Dit wat my egter steeds die meeste bybly, was daardie swaar gevoel in my binneste. ’n Konstante gevoel van onderliggende onrustigheid het toe al maande lank aan ’n amper dreigende paniek gegrens. Hierdie gevoel was doeltreffend gekamoefleer deur die amper geforseerdheid om te bly fokus op die sleur en die normaliteit van die gewone en alledaagse ... soos ’n gesinsvakansie. Maar alles was nie pluis nie. Ek kon net nie my vinger daarop lê nie.

      Ons was die oggend kerk toe. Sommer die hele familie – van klein na groot. Ingeprop in twee banke buite die klein klipkerkie se tuin. Daar was te min plek binne. Ek kan nie meer die Kersboodskap onthou nie, maar weet wel dat ek daardie spesifieke oggend die Here se teenwoordigheid tasbaar rondom my ervaar het. Hy was in die sagte drup-drup van die reën deur die blare, in die lagie mis wat uit die kerkie se tuin opgestyg het, in die effense mosreuk van blare in my neus, in ons kindertjies se uitgelate laggies en hul opgewondenheid van nou-nou se presente oopmaak, in die vriendelike oor-en-weer-Kerswense tussen vreemdelinge. Hy was in die nagmaal wat ons saam as gesin voor die preekstoel gebruik het. Ons jong gesinnetjie ... knielend voor die kruis. Hy was in die salfolie op ons voorkoppe ... ons al vier afgeseël vir Hom. Hy was in die kerk se klokke wat lui en lui en lui.

      Ons het die middag ná die Kersete op die strand gaan stap. Ek en my man met Boeta in ’n drasakkie op sy rug en Sussie wat agterlangs saam met Tannie en Oom aangehuppel gekom het. Ten spyte van al die seën waardeur ons omring was, was dit onnatuurlik swaar tussen ons. En toe skielik uit die bloute ... sy woorde pyle wat deurboor ... “Ek wil nie meer nie. Kan nie meer nie. Daar is iemand anders. Ek voel bloot nie meer vir jou wat ’n man vir sy vrou moet voel nie. Ek wil ’n egskeiding hê.”

      Die intensiteit en impak van sy woorde het my na my asem laat snak. “Nee!” het ek geskreeu – hardop tussen al die mense wat ook laatmiddag gaan stap het. Ek onthou nog my seuntjie se verskrikte en geskokte gesiggie by die aanhoor van die amper dierlike kreet hier diep uit my binneste. Al wat ek in daardie stadium kon doen, was om om te draai. Ek het begin hardloop ... weg ... weg ... weg van