Die Poort 1: Bewakers. Nelia Engelbrecht. Скачать в формате fb2, epub, doc, txt. Newlib. NEWLIB.NET

Die Poort 1: Bewakers - Nelia Engelbrecht

Автор: Nelia Engelbrecht
Издательство: Ingram
Серия: Die Poort
Жанр произведения: Учебная литература
Год издания: 0
isbn: 9780624077480

“Die poort is oop.” Ek skrik my amper besimpeld toe die ou tannie langs my skielik praat. Ek draai na haar toe. My nekhare rys en my lyf slaan hoendervleis uit. Ek sweer iemand het haar iewers in ’n begraafplaas opgegrawe. Geel vel span styf bo-oor haar kop, en hier en daar klou bossies hare soos droë gras aan haar kopvel vas. Sy leun nader. Ek ruik verlepte blomme. “Jy het haar ook gesien,” sê sy. “Hulle het haar kom haal.” Sy trek haar ogies nog kleiner. “Die stomme baba. Hy gaan nou sonder ’n ma grootword.” Skielik gryp sy my hande. Ek kyk af. Kraaikloue klem my vingers vas. ’n Vreemde hitte styg op in my arms, my nek, my kop. Ek probeer my hande uit hare trek, maar my spiere wil nie na my brein luister nie. “Ek weet nie wat Tannie . . .” “Jy wéét,” val sy my in die rede. “Jy sién. Nes ek.”