Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies. Dr Arien van der Merwe. Скачать в формате fb2, epub, doc, txt. Newlib. NEWLIB.NET

Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe

Автор: Dr Arien van der Merwe
Издательство: Ingram
Серия:
Жанр произведения: Медицина
Год издания: 0
isbn: 9780798169394

Na raming het meer as 3,5 miljoen Suid-Afrikaners diabetes. Wêreldwyd het ongeveer 150 miljoen mense metaboliese sindroom (wat diabetes insluit) en dit dikwels sonder dat hulle dit eers weet … Suid-Afrikaanse mediese dokter, skrywer en kenner op die gebied van holisties geïntegreerde medisyne, dr Arien van der Merwe, verduidelik in hierdie tydige en maklik leesbare boek wat presies diabetes is, die simptome, en die verskillende soorte – tipe 1, 2 en 3, wat diabetes veroorsaak, van fisiologie tot emosies, wat pre-diabetes en insulienweerstandigheid is, hoe diabetes en metaboliese sindroom verwant is, hoe diabetes verband hou met hartsiektes, Alzheimers en depressie en die verskillende soorte medikasie. Sy verskaf praktiese oplossings oor hoe diabetes en verwante kwale bestuur kan word, deur onder meer leefstylaanpassings – van slaap tot ontspanning, die regte oefening, wat interval- en weerstandsoefeninge insluit, gesonde eetgewoontes en vas met tussenposes, die hanteer en bestuur van stres en die aanspreek van onderliggende emosionele aspekte. Dr Van der Merwe verduidelik die verband tussen jou liggaam, emosies en siel, en gee raad oor voedselaanvullers en kruiemiddels. Boonop bring dié boek ’n boodskap van hoop: Diegene met diabetes en metaboliese sindroom se bloedsuikervlakke en verwante simptome kán doeltreffend bestuur word, soms selfs omgekeer word, wat dit moontlik maak om ’n normale, aktiewe en lang lewe te lei.